advertisement
Question
Posted by: al | 2008/07/14

ex ontmoeting

Hoe hanteer mens as jy jou man se ex vrou vir die eerste keer ontmoet. Sy is ongelooflik manupilerend. Sy het ook 'n sterk persoonlikheid. Die kinders bly by ons en die oudste en onlangs verhuis na haar. Nou weet ek, my man sal een of ander tyd darem by hom wil gaan kuier en sy het ons al genooi! maar ek weet as ons eers daar is, sal sy flirt met haar ex man. Opmerkings maak ens. Ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. My man was baie lief vir haar en sy is 'n baie mooi vrou. Sy het hom jare terug verkul met 'n ander man.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

You seem to have a large volume of pre-conceptions about what she is like and what you expect her to do, if you really haven't met her yet
And there's no reason at all why your man HAS o go and stay with her just because his son visits her

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Gracie | 2008/07/14

Daar is geen rede hoekom jou man by haar moet gaan kuier om sy kind te sien nie. Hoe weet jy sy gaan met jou man "flirt"? Het sy dit al vantevore voor jou gedoen? Moenie die bobejaan agter die berg gaan uithaal nie - miskien het die liefde wat hy vir haar gevoel het, doodgegaan toe sy hom verkul. Hy weet mos watse tipe vrou is sy - hoekom sal hy vir haar "charms" val? As sy weet jy voel dalk 'n bietjie "insecure" sal sy jou wil jaloers maak en met jou man "flirt". Wees maar vriendelik vir vredesonthalwe, maar die heen en weer gekuiery is sommer nonsens. Hy kan die kind gaan haal en dan weer later huis toe neem wanneer hy klaar gekuier het. Ek en my eerste man is ook geskei en dit het my net seergemaak as ek na sy huis gegaan het waar hy met sy nuwe vrou bly. Ek het maar my kinders gaan optel, maar buite in die motor gewag aangesien ek myself nie meer wou seermaak nie! Sterkte ek wens jou alles van die beste toe en hoop dat hierdie probleem uitgesorteer kan word.

Reply to Gracie
Posted by: A-non-a-muisie | 2008/07/14

Hoekom MOET jou man daar gaan kuier? Hy kan mos sy seun oplaai en tyd saam hom spandeer en hom weer aflaai?

Ek glo nie in kuier by ex'e of die pap dik aanmaak nie, dis moeilikheid soek.

Ek sou my voet beslis hier neersit as ek jy was. Dit sal nie 'n gesonde situasie wees nie.

Reply to A-non-a-muisie
Posted by: SR | 2008/07/14

I would watch your husband closely to see how he handles her 'temptation' She may just do it as a power trip to see whether she can impact on your marriage but may not want him back as a husband. In the process however she can cause much damage.

Reply to SR

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement