advertisement
Question
Posted by: BB | 2011/02/03

Eva se straf

Hallo daar Dokter,

Ek is `n bietjie bekommerd - ek het `n gynea afspraak gemaak, maar dit is eers oor `n maand en `n maand is lank om bekommerd te wees.

Ek het op die voorbehoedpil gegaan om my maandstonde te manipuleer aangesien ek uitgewerk het dat ek op my troudag my periode gaan hê .
Ek was deur `n dokter geraadpleeg om op die silwer gedeelte van Yasmin te begin drink (alhoewel ek op daai dag begin menstrueer het) - en sodoende sal my periode dus gemanuplieer word.

Die probleem is dat ek steeds na 8 dae bloeding het (nie baie nie, maar nogsteeds), waar ek gewoonlik `n 4 dae periode gehad het. Ek het die 3de dag vreeslik gebloei... klonte so groot soos die palm van my hand.. die hele dag. Ek het nie geweet of ek kom of gaan nie... dit was vreeslik.

Kan dit dalk die pill wees wat dit veroorsaak? - juis seker omdat ek dit nie begin drink het op die regte tyd van die maand wat korrespondeer met die pakkie nie?

Baie dankie vir u tyd en moeite.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo BB
Dit kan die pil wees - baie keer neem dit 'n maand of twee vir jou liggaam om gewoond te raak aan die veranderde hormone. Dis irriterend maar nie noodwendig 'n groot probleem nie, behalwe as die bloeding glad nie ophou nie.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: BB | 2011/02/03

Hallo Dokter, weer ek... ek sien dat ek het dit begin drink op die regte tyd, want die boekie sê  dat die pasient moet dit in die silwer gedeelte begin drink, wat ek het.

Reply to BB
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/03

Hallo BB
Dit kan die pil wees - baie keer neem dit 'n maand of twee vir jou liggaam om gewoond te raak aan die veranderde hormone. Dis irriterend maar nie noodwendig 'n groot probleem nie, behalwe as die bloeding glad nie ophou nie.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement