advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2011/12/10

Eva en die kalories

Middag doc Ingrid

Kyk, Desember is nou wraggies nie n goeie tyd om te diet nie....

Nee, ek gaan ook nie die keer vir arme Eva die skuld gee nie.

Ek het onlangs aangesluit by n site met die naam Fatsecret vir motivering. Nou onder andere moet jy jou gewig, lengte en doelgewig intik, dan gooi die rekenaar vir jou uit hoeveel kaloriee jy per dag mag inneem om jou doel te bereik. En volgens hulle moet ek 2100 kj inneem om 8kg te verloor.

Ek is heeltemal clueless hoe om kaloriee te tell en die site frustreer my, omdat dit nie al die kosse optel nie. Ek glo nogsteeds aan die low gi tipe manier van eet.

Kan dr vir my net n idee gee van wat om te eet. Oggend, middag en aand en dalk 2 snacks wat 2100 gaan uitwerk. Al is dit net min of meer. Onthou dr is my dieetkundige. Dr kan maar die rekening stuur...

Dan wens ek dr ook n geseende Christus fees toe en voorspoed vir 2012.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie
Dankie vir die mooi wense. Ek stem saam dat die lae-vet, lae-GI manier van eet steeds die beste en mees verstandige dieet is. Om kilojoules of kilokalorieë te tel, is baie moeilik in die alledaagse lewe. Ek kan nie glo dat hierdie nuwe Fatsecret Webwerf aanbeveel dat jy slegs 2100 kJ of 500 kcal per dag mag inneem. Dit is 'n uithongeringsdieet en jy sal omval van lae bloedsuiker as jy dit probeer volg. Was dit nie miskien 2100 kcal of 8820 kJ nie???? Ek werk nie individuele diëte vir my lesers uit nie aangesien dit te veel tyd in beslag sal neem. Ek sal aanraai dat jy liewer hou by die lae-vet-, lae-GI-dieet wat jy in die verlede gebruik het, of dat jy 'n dieetkundige spreek soos ek ook al vir jou aanbeveel het. Die waarde van 'n persoonlik konsultasie met 'n dieetkundige is dat sy/hy vir jou en jou eetgewoontes sal kan evalueer en dan vir jou 'n individuele dieetvoorskrif sal uitwerk wat by jou leefwyse, ens, aanpas. As jy sukkel tydens die Feestyd met gewig optel, kan jy altyd bietjie ekstra oefen elke dag om dit in toom te hou. Kyk ook op hierdie Webwerf deur bo aan hierdie bladsy op 'Diet & Nutrition' te klik, dan op 'Weight loss' en 'Balanced diet' en te kyk na die verslankingsdiëte wat daar gepubliseer is. Kies die een wat jou die beste pas en wat jy die maklikste kan volg.
Geseënde Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar.
Geseende Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar vir jou.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/12/11

Beste Annemarie
Dankie vir die mooi wense. Ek stem saam dat die lae-vet, lae-GI manier van eet steeds die beste en mees verstandige dieet is. Om kilojoules of kilokalorieë te tel, is baie moeilik in die alledaagse lewe. Ek kan nie glo dat hierdie nuwe Fatsecret Webwerf aanbeveel dat jy slegs 2100 kJ of 500 kcal per dag mag inneem. Dit is 'n uithongeringsdieet en jy sal omval van lae bloedsuiker as jy dit probeer volg. Was dit nie miskien 2100 kcal of 8820 kJ nie???? Ek werk nie individuele diëte vir my lesers uit nie aangesien dit te veel tyd in beslag sal neem. Ek sal aanraai dat jy liewer hou by die lae-vet-, lae-GI-dieet wat jy in die verlede gebruik het, of dat jy 'n dieetkundige spreek soos ek ook al vir jou aanbeveel het. Die waarde van 'n persoonlik konsultasie met 'n dieetkundige is dat sy/hy vir jou en jou eetgewoontes sal kan evalueer en dan vir jou 'n individuele dieetvoorskrif sal uitwerk wat by jou leefwyse, ens, aanpas. As jy sukkel tydens die Feestyd met gewig optel, kan jy altyd bietjie ekstra oefen elke dag om dit in toom te hou. Kyk ook op hierdie Webwerf deur bo aan hierdie bladsy op 'Diet & Nutrition' te klik, dan op 'Weight loss' en 'Balanced diet' en te kyk na die verslankingsdiëte wat daar gepubliseer is. Kies die een wat jou die beste pas en wat jy die maklikste kan volg.
Geseënde Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar.
Geseende Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar vir jou.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.