advertisement
Question
Posted by: dieet | 2012/07/19

Esmé  Booysen

Ek benodig asb n hoë  bloeddruk dieet asb. Eks 20kg oorgewig, ly nou aan hoë  bloeddruk en sukkel regtig om my gewig reg te kry. Ek probeer allerhande dieete, verloor gewig en tel dan weer gewig op. Met die bloeddruk weet ek nie is vleis n goeie opsie of is stysel die sonde? ai, dis moeilik! Help my asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Esme
Hipertensie word veroorsaak deur verskeie faktore en geen enkele kossoort is daarvoor verantwoordelik nie. Faktore soos oorgewig, genetiese neiging, ouderdom, hoë soutinname, gebrek aan oefening, ens, speel almal 'n rol. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as Medicine' en 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet" wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk te bekamp. Die DASH dieet het 'n lae vetinhoud en 'n hoë veselinhoud wat sal bydra tot gewigsverlies. Indien jy sukkel om die DASH dieet toe te pas, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met die DASH dieet. Vra ook jou dokter watter oefening jy mag doen (bv. flink stap) en begin elke dag vir 30 min te oefen. Dit is uiters belangrik om eers jou dr se toestemming te kry voordat jy met oefening begin en dat jy baie stadig en versigtig begin oefen indien die dr dit goedkeur. Soos jy egter gewig verloor en jou bloeddruk verminder, kan jy geleidelik jou oefening vermeerder.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/07/20

Beste Esme
Hipertensie word veroorsaak deur verskeie faktore en geen enkele kossoort is daarvoor verantwoordelik nie. Faktore soos oorgewig, genetiese neiging, ouderdom, hoë soutinname, gebrek aan oefening, ens, speel almal 'n rol. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'Food as Medicine' en 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet" wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk te bekamp. Die DASH dieet het 'n lae vetinhoud en 'n hoë veselinhoud wat sal bydra tot gewigsverlies. Indien jy sukkel om die DASH dieet toe te pas, sal ek aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met die DASH dieet. Vra ook jou dokter watter oefening jy mag doen (bv. flink stap) en begin elke dag vir 30 min te oefen. Dit is uiters belangrik om eers jou dr se toestemming te kry voordat jy met oefening begin en dat jy baie stadig en versigtig begin oefen indien die dr dit goedkeur. Soos jy egter gewig verloor en jou bloeddruk verminder, kan jy geleidelik jou oefening vermeerder.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.