advertisement
Question
Posted by: Baie Bekommerd | 2008/10/21

Ernstige simptome na Endo Operasie

Hi Doc,

Ek het die einde Julie ' n Laparotomy gehad nadat die dokters soliede tumours en cysts opgespoor het op my ovaries. Ek is gediagnoseer met Endometriosis Stage 4. Die gine het ook gesê  my CA125 vlakke was ongelooflik hoog, maar het dit toegeskryf aan die Endo. Hulle het nooit weer daarvoor getoets nie.

Ek het intussen op ' n mediese dieet gegaan en is al 6 weke daarop. Maar dit lyk my die probleme wil nie weg gaan nie. Ek is gruwelooslik moeg. Dis so erg dat ek party dae na werk net wil lê . Ek slaap 10 ure ' n nag en bly moeg! Ek is lighoofdig, so erg dat as ek water drink en my asem ophou vir ' n paar sekondes voel dit of ek wil omval. Ek is konstant naar, veral in die oggende. Ek het ook permanente kopseer. Ek was terug na die gine toe 10 weke na die op, maar hy het net gesê  ek moet leer om daarmee te lewe. Hy het ook voorgestel om ' n Histerektomie te hê  in die volgende jaar.

Ek het probeer om ' n afspraak te kry by ' n ander gine, maar hy kan my eers in Januarie sien.

Kan my huisdokter my help? Of is dit nou maar eenmaal deel van my agv die Endo? Ek het al so baie mense vir help gevra, en ek weet dokter Bets probeer altyd help.

Ek is 25 jaar oud en voel 80. Ek is so moeg om so siek te voel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Baie bekommerd
Kry jou vorige CA125 vlakke by die gyne ( of by die lab) vra jou GP om dit weer te toets en te kyk of dit nog stabiel is. Hy moet ook jou suiker, skildklier, nierfunksie , ystervlakke, volbloed telling en ESR toets. Sommige hoe proteien diete maak mens baie lighoofdig en moeg - sorg dat jy tog lae GI koolhidrate elke 5 ure inkry.
Sien jou GP - as dit nodig is sal jy jou met 'n noodafspraak by die gyne kan inkry!
Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement