advertisement
Question
Posted by: LouiseN | 2009/02/09

Erge rugpyn in laer rug

Goeiedag dokter. Ek is ' n 27 jarige vrou. Het 2 kinders. My jongste is biejtie meer as ' n maand gelede gebore (31 Des) Ek ondervind al vir die laaste ongeveer 4 maande baie seer rugpyn in my laerug wanneer ek gespanne, kwaad (my vererg) en selfs hartseer is. Dis nie gewone seer nie, dis amper soos die tipe rugpyn wat ek gehad het toe ek in kraam was met my 4 jarigekind (maar ek het toe nie normaal gekraam nie, het nood keisersnit gehad) behalwe dat ek geweet het daardie rugpyn was as gevolg van kraam. Ek besef dit moet seker simpel klink omdat ek juis die pyn het wanneer ek een van bogenoemde is maar wil tog graag weet wat dit moontlik kan veroorsaak? Ek het geen hoe bloeddruk nie, geen cholestrol probleme nie, geen hartprobleme. Alhoewel ek toe ek nou met my laaste kind so 5 maande swanger was het ek gegaan vir ' n 4D scan en die dokter het gese my hart klop onreelmatig, blykbaar is die " spasies"  tussen die kloppe van my hart nie dieselfde tyd uitmekaar nie. Ek het vir so 9 jaar lank gerook maar het opgehou so 3 maande gelede. Ek noem maar al bogenoemde detail van my ouderdom en kinders ingeval u daardie inligting sou verlang.

Baie dankie
Louise

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Louise
Jy kry dalk rugspierspasma as jy gespanne of kwaad is - mens sal jou verbaas hoe laag af in jou rug dit kan gebeur al dink jy dit is net oor jou blaaie! Probeer hitte oor die area ( net lekker warm warmwater sakkie of koring sakkie), en Biral 2 drie maal per dag as jy gespanne voel ( mens kan oor die toonbank koop by die apteek of Clicks) Mens kan ook 'n anti-inflammatoriese pilletjie gebruik soos Neurofen as jy nie borsvoed nie, of nie allergies is vir anti-inflammatoriese middels nie. Fisioterapie doen wonders as jy by een kan uitkom. Jy buk en tel seker nou baie ekstra gewig op, met karstoeltjies, baba, badwater ens..., wat ook 'n stress vir jou lae rug is. Maak seker dat jy reg buk en die gewig met jou bene en nie jou lae rug dra nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement