advertisement
Question
Posted by: Karen | 2009/12/03

ERGE HOOFPYNE

Hallo Doc, Ek het nou onlangs virale meningitis gehad en sukkel nog met erge hoofpyne, dat ek nie kan slaap nie. Die Neuroloog het vir my Dormicum voorgeskryf wat ek nou vir ' n paar dae elke aand drink. (Ek slaap nou soos ' n klip)

Ek het nou vandag '  n snaakse na-smaak in my mond en met tye voel dit of my nek styf trek, wat weer die hoofpyne erger maak.

Kan dit '  n newe effek wees van die Dormicum?

Ek het nog nooit slaap pille gebruik nie, maar ek kan nie daarsonder slaap nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Karen,
Dit is moontlik dat die na-smaak veroorsaak is deur die Dormicum, maar ‘n mens kan net seker wees as jy die pille los en die na-smaak verdwyn.
Soms na virale meningitis bly die pyn al lank na die meningitis oor is. Dit is dan nodig om te bepaal waarvandaan die pyn kom – dit is baie dikwels van die nekspiere. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Dit is natuurlik ook belangrik om die nekspiere te laat toets.
Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/
Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: headache expert | 2009/12/04

Beste Karen,
Dit is moontlik dat die na-smaak veroorsaak is deur die Dormicum, maar ‘n mens kan net seker wees as jy die pille los en die na-smaak verdwyn.
Soms na virale meningitis bly die pyn al lank na die meningitis oor is. Dit is dan nodig om te bepaal waarvandaan die pyn kom – dit is baie dikwels van die nekspiere. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Dit is natuurlik ook belangrik om die nekspiere te laat toets.
Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/
Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.