advertisement
Question
Posted by: Goempie | 2011/08/01

Erge hoofpyn

Ek is 33jarige dame en het so 2 weke gelede baie erg steekpyn hoofpyn gekry,wat my so duiselig gehad het,dat ek op die bank gaan sit het en moes aan die slaap geraak het,want ek het eers na ''n uur en half wakker geword. Ek was baie deurmekaar en my linker arm,nek en gesig was lam. Ek wou die dr bel vir n afspraak,maar ek kon nie praat nie. Ek het toe probeer om ''n sms te skryf aan ''n vriend vir hulp,maar kon nie op my foon sien nie en het aanmekaar my letters omgeruil,soos iemand wat disleksies is. Ek was heeltemal uitgeput en kon skaars water drink,so moeg was ek. Ek het toe maar weer ''n bietjie geslaap en het erens deur tot by my bed gekom waar ek vir byna 2dae net geslaap het. Ek ken migrains,en die was nie ''n migraine nie,dit was erger. Dit was ook nie beroerte nie,want ek lei aan lae bloeddruk. Ek wil net byse,ek is n epilepsie-lyer,maar dit was ook nie ''n epileptiese aanval nie. My linkerarm is steeds lam en ek het daagliks hoofpyn. My dr het anti-depressante voorgeskryf,wat ek voel is nie nodig nie,ek weet ek het nie depressie nie. Wat anders kan dit wees,want my dr glo vas dis stres,spanning en depressie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Goempie

Om veilig te wees, kan jy 'n afspraak by 'n neuroloog maak vir 'n ondersoek, asook 'n EEG, CT skandering, MRI skandering van die brein en 'n sonar van die karotis arteries. 'n Beroerte is nie noodwendig as gevolg van hoe bloeddruk nie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement