advertisement
Question
Posted by: Lizette | 2009/07/27

ERG PYN

Hi Dr. Bets,

Laas week woensdag (22 Julie) was ek by die Clinton kliniek onder narkose vir ' n uur en ' n half waar al my tande insluitend my verstand tande getrek is. Die dokter het dadelik daarna my valstande ingesit want toe ek wakker word was dit in.

Hy het vir my Clindahexal 150mg antibiotika gegee wat vanoggend klaar is en dan ook Gen-Payne vir pyn en Ibuprofen 600 mg pille vir pyn.

Ek het nog niks geeet na die operasie nie want dit is te seer. Ek kan nie sluk nie en drink net appel sap deur ' n strooitjie, Ek kan nie behoorlik praat nie en dit bloei nogsteeds bietjie veral noudat ek die valstande twee keer ' n dag moet uithaal, skoonmaak en my mond met soutwater uitspoel.

Ek is dood honger maar ek het al probeer eet maar dit is te seer en ek kan nie kou nie. Vandat ek wakker geword het in die Clinton huil ek gedurig. My mond is geswel en ek kan nie meer die pyn hanteer nie. My tande is weens mediese redes getrek en ek is nou 28. Wat kan ek drink of doen dat dit gesond word en die pyn net weg kan gaan? Ek het al gedink om al die wyn in my huis te drink net jammer ek sal dit nie kan sluk nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lizette
Bel asb jou dokter en vra dat hy jou more sien as nood afspraak vir 'n opvolg om seker te maak dat daar nie infeksie in jou mond is nie. Ek is ook bekommerd dat jy besig is om te ontwater en dat jy dalk 'n drup nodig het. Hoekom kan jy nie sluk nie, is jou keel ook seer? Probeer bietjie Lucozade inkry met 'n strooitjie. Laat weet my of jy regkom. As jou tandarts jou nie kan sien nie, laat jou GP kyk na jou mond.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement