advertisement
Question
Posted by: Willie | 2011/09/13

Epilum &  Risperdal

Goeie dag.

Ek het n seun van 11 jaar oud. Die daokters het op die ouderdom van 7maande agter gekom dat sy klein brein ontrent glad nie ontwikkel het nie. Hoofsaaklik het dit te doene met spraak en belaans. Vandag praat hy wel net enkel woorde en het baie goeie belaans en kan alles doen van hardloop en fiets ry. Sy konsentrasie vlak is egter net baie baie swak en is op die bo-genoemde medikasie al basies sy hele lewe lank. Dis 2 keer n dag, Epilum 8ml en Risperdal 1.25ml. My kind is baie gesond en eet ook baie baie goed.

My vraag is. Is daar moontlik ander soort medikasie wat ek kan probeer om sy konsentrasie vlak te verhoog? As hy kan konsentreer sal ek hom heel normaal kan maak en dis seer vir my as ouer om te sien die jare gaan verby en hy vorder nie.
Sy dokters verhoog net jaarliks sy medikasie en daar gebeur niks nie. Kan dit wees dat hy nie eers meer reageer op die medikasie nie?

Enige hulp of raad sal uit die diepste van my hart wardeer word.

Baie dankie
Willie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Willie

Ek stel voor dat julle 'n arbeidsterapeut konsulteer, vir stimulasie en ontwikkeling. Ek is ongelukkig nie bewus van enige medikasie wat hy kan gebruik om sy konsentrasie te verbeter nie. Jy kan egter Omega 3 en 6 aanvullings vir hom gee. Die medikasie wat hy tans gebruik, is anti-epileptiese medikasie en voorkom die moontlikheid van epilepsie wat verdere ontwikkeling sal belemmer en ek stel daarom nie voor dat hy hierdie medikasie staak nie.

Groete en sterkte



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Willie | 2011/09/14

Thanks for the info Albert,will try anything.

Reply to Willie
Posted by: Albert | 2011/09/14

Hello Willie - a friend of my has a son 10 years old with the same condition as your son. 6 months ago he bought him an Apple iPad and the results have been amazing - he is really making progress and there are applications for remedial teaching as well...you should look into it

Reply to Albert
Posted by: Willie | 2011/09/14

Baie dankie Dr Anrich ek wardeer baie. Baie dankie ook aan Anke vir die inligting.

Al wat my noggals pla is dat my seun nog nooit n epileptiese aanval gekry het nie en dit volgens sy dokter gebruik net vir ingeval. Ek voel dis dalk heeltemal onodig.

Weereens baie dankie

Reply to Willie
Posted by: Anke | 2011/09/13

Hi Willie, Ons het ook ''n gestremde seun, wat in sy kinderjare op epelepsie medikasie was en as jong volwassene deel was van ''n proefstudie op Risperdatl. Die Risperdal het sy konsentrasie effens verbeter, maar asemhalingsprobleme veroorsaak. Dit het hom ook baie slaperig gemaak en agv die asemhalingsprobleem moes die studie op hom gestaak word.
Hy het as kind BAIE baat gevind met arbeidsterapie - privaat, sowel as in die spesiale skool wat hy bygewoon het. Die vaardighede wat hy daar geleer het, stel hom in staat om op 32 jaar, steeds kreatief te ontwikkel. Sy selfbeeld, selfvertroue en deursettingsvermoee is verstommend.
Doen alles in jou vermoee om hom te stimuleer - kry hulp daarmee, indien jy kan. Verder aanvaar en respekteer jy hom vir die spesiale mensie wat hy is. Aanvaar dat hy ''n agterstand het en dat jy hom nie " normaal"  kan maak nie. Deur te fokus op sy sterk punte en hom daarvoor te prys, gaan die druk verlig,
Ja, dis hartseer om te ervaar dat jou kind nie ontwikkel soos sy tydgenote, maar tyd maar die seer sagter. Moenie jouself en jou kind moeg worstel nie, gebruik eerder die energie om hom te koester en veilig te laat voel, doen lekker pa-en-seun dingetjies, bou herinneringe en wees baie lief vir hom. Hierdie kinders floreer op liefde en aandag.
Indien jul ander kinders het, wees bedag daarop dat hulle afgeskeep kan voel - oorlaai hul met liefde en aandag en jul sal eendag die vrugte daarvan pluk.
Sterkte!

Reply to Anke

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement