advertisement
Question
Posted by: ANNA NEL | 2012/03/02

Epilepsie en medikas

Ek het epilepsie op die ouderdom van 53 begin kry. Ek is tans 58 jaar oud. Kry dit so 1 keer per jaar sover.

Op sommige medikasie is daar ''n waarskuwing dat lyers van epilepsie nie die soort medisyne moet gebruik nie.

My mediese fonds GEMS het net sekere medikasie wat hulle toelaat bv. my hormoonaanvulling was Levifem, die verskaffer het probleme ervaar met van sekere middels wat nodig is om die pil te vervaardig - ek moes toe oorgaan na Premelle. Ek gebruik dit die afgelope 3 maande. Kan Premelle ook jou laat gewig aansit.
Ek oefen gereeld en let op na wat ek eet.
Baie dankie
Anna

My vraag is: Is daar enige middels in Premelle wat ''n epilepsie aanval kan voortbring? Die afgelope tyd kry ek die " gevoel"  maar nog nie ''n aanval nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anna


Premelle kan vog retensie veroorsaak en daarom kan dit pasiente met epilepsie beinvloed. Jy moet dus jou dokter van jou simptome verwittig, sodat hy jou versigtig kan monitor. Premelle kan gewigstoename veroorsaak deur jou eetlus te stimuleer. Premelle kan migraine veroosaak en verhoog jou kanse vir 'n beroerte. Vra jou dokter of dit regtig nodig is om Premelle te gebruik.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Mathilda | 2013/12/10

Ek het in Nov na 'n neuroloog gegaan nadat my huisdokter my gestuur het vir 'n MRI omdat ek vreeslike brand hoofpyne gekry het en vreeslike snaaks gevoel het en gevoel het my tong word dik en ek was duislig en dronk in my kop en my linker arm het pins en needles geword en my duim het begin voel dis dood maar dit kom net soms voor. Die neuroloog het ook breingolf toetse gedoen en saam met die MRI kon niks snaaks gekry word nie. Die neuroloog het toe gesê dat ek kenmerkende epilepsie sintome het en my op die ligste moontlike medikasie gesit. Ek is beter maar die simptome gaan nie heeltemal weg nie en nou is 'n sterker medikasie aanbeveel. Ek is 51 jaar oud en kan nie glo dat ek op hierdie ouderdom nou ewe skielik aan epilepsie kan ly nie..... is die simptome volgen die bogenoemde volgens u epilepsie?

Reply to Mathilda
Posted by: selma | 2012/03/20

Graag wil ek verneem watse tipe Epilepsie kan n mens kry as MRI aantoon dat daar te veel witstof in jou brein is. Neuroloo het Topalex vir my voorgeskryf.

Reply to selma

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement