advertisement
Question
Posted by: ANNEMARIE | 2011/02/14

Epilepsie

Goeie dag Dr.
Ek is 50 jaar oud, daar is nie enige Epilepsie in my famielie waarvan ek weet nie. Ek is post menopausal en gebruik Hormoon vervanging. My bloeddruk is normaal en ek is baie gesond. Sowat 2 maande gelede het ek vir die eerste keer in my hele lewe flou geword. Ek het aan tafel gesit en eet en ewe skielik ''n tipe aura gesien(kleure) en baie naar gevoel. My man was gelukkig by en het my gevang toe ek van die stoel afval. Dit het letterlik ''n paar sekondes geduur en ek het wakker geword nadat my man my op die grond laat le het. Ek was nie deurmekaar of siek of naar na die tyd nie en het ook nie ''n hoofpyn gehad nie.
Gisteraand was ek alleen by die huis. Ek het op die bed gele en televisie kyk en het skielik ''n baie vreemde gevoel gehad. Ek weet ek het nie aan die slaap geraak nie want, ek kan presies onthou wat op die tydstip in die tv program gebeur het. Ek het ''n gevoel van De Ja Vu gehad en dit was asof ek nie beheer oor my denke en brein gehad het nie. Dit was weer net vir ''n paar sekondes. Ek was nie ontsteld of paniekerig gedurende die " aanval"  nie. Ek het opgestaan en water gaan drink en ''n koel stort geneem, ek het wel baie emosioneel gevoel en huilerig na sowat ''n half uur, maar weereens geen hoofpyn of ander gevoel nie. Wat ek wel ''n rukkie daarna agtergekom het is dat my tong seer was aan die linkerkant, ek het gekyk en dit lyk of ek my tong raak gebyt het, dit was bloederig.
Ek het vandag op die Web gaan lees en die emosionele gevoel wat hulle beskryf van ''n persoon wat epilepsie kry voor en gedurende die episode , is presies hoe ek gevoel het. Ek het gister baie goed gevoel en het geen alkohol of snaakse medikasie gebruik nie.
Is dit moontlik dat ek epileptiese aanvalle kry, en dit nou eers op 50 jarige ouderdom.

Dankie
Annemarie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Annamarie
Dit klink baie soos 'n epilepsie en mens kan dit enige tyd in jou lewe ontwikkel. Dit kan egter ook 'n tipe migraine wees al kry jy nie hoofpyn nie. Ek stel voor dat jy 'n neuroloog gaan sien vir verdere ondersoeke sodat hulle 'n diagnose kan maak. Dit kan baie gevaarlik wees as jy bv bestuur of alleen trappe afloop of selfs alleen in die bad is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cYBERDOC | 2011/02/14

Hallo Annamarie
Dit klink baie soos 'n epilepsie en mens kan dit enige tyd in jou lewe ontwikkel. Dit kan egter ook 'n tipe migraine wees al kry jy nie hoofpyn nie. Ek stel voor dat jy 'n neuroloog gaan sien vir verdere ondersoeke sodat hulle 'n diagnose kan maak. Dit kan baie gevaarlik wees as jy bv bestuur of alleen trappe afloop of selfs alleen in die bad is.
Dr Bets

Reply to cYBERDOC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement