advertisement
Question
Posted by: mom | 2008/10/15

ente vrees

Dear Dr
I hope you understand afrikaans but you are welcome to answer in english.
Ek was al deur baie erge stres in my lewe en het altyd baie besonders goed daarvan afgekom. Deels dankbaar aan baie goeie ondersteunende ouers en n goeie geloof. Ek is baie gelukkig getroud en het n wonderlike man ek het wat baie mense beskryf as die idiaale lewe. Ons is finansieel ok nie skat ryk nie maar ons ly nie honger nie en ons kinders is alby in goeie skole. Ons het ook baie min huwelikstress - agv al bg voel ek altyd skuldig om vir hulp te vra aangesien ek reeds baie het.
My probleem het begin met my eerste swangerskap waar ek baie vinnig swanger gewys het en baie groot gedra het ek is nogal kort en dit het dinge moeilik gemaak. Ek was 8 maande lank naar en het net na die geboorte die laaste keer naargeword. Ek het
tydens die swangerskap baie ongemak en soms pyn gehad. Ek het al meer entevrees gekry en wou niemand teen of naby my he nie. Na die geboorte het dit beter geword en ekn het geen bonding probleme gehad nie. Dit het nie 100% weg gegaan.

Ek het gewig verloor maar meeste van die maagvet het (bo naeltjie) het gebly. Ek was altyd baie selfbewus daaroor.
Ek was bang vir nog n swangerskap en het baie lank gewag voor ek weer gereed was en 5 jaar later weer swanger geraak.
Ek was net so siek en het selfd groter gedra (baie amnio) asook die vet op ,my bo maag het meer geword. My entevrees het vererger tydens die swangerskap.
Weereens is my baba gebore -pragtig normaal - geen bonding probleem maar die entevrees is nie weg nie.

Ek voel deels die vet blob op my bo maag is onnatuurlik en neem n deel van my lyf in wat geweldig ongemak veroorsaak. Ek hou nie daarvan as mense aan my maag en lyf raak nie. Ek haat dit.

Gewigsverlies is moeilik ek is al 38 en het n geweldige rug probleem wat meeste oefening uitsluit op Dr aandrang.

Ek raaks soms benoud as ek nie my nek hangertjie vinnig genoeg afkry nie - al het dit heeldag net daar gehang en my nie gepla nie.


Wat gaan aan met my ? As ek in die kombuis werk en die slagmes sien voel ek soms of ek die mes kan vat en net die blob afsny, dan besef ek die mal gedagte en lag vir myself -
Ek is net bang dit word erger en begin my man en kinders wegstoot vir wie ek baie lief is. Ek is soms geireteerd as hulle so baie aan my hang. Die kleinste is 1.5 jaar.

Het jy raad of is ek simpel?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

OK, Firstly, no, you're not "simpel". But this is a complex situation, and what you deserve is to see a good local psychiatrist for a full assessment and diagnosis, after which you could more realistically discuss treatment options. CBT type counselling could help --- for instance to feel more in control of naarheid and similar symp[toms if and when they arise, and while other plans could be made about dealing with the Blob ( mild exercise and a better diet could surely help here --- and reducing it by such natural means could well improve your back-ache, too ) as well as the CBT helping you to feel more positive about succeeding in this and not to feel so panicky about the presence of The Blob. You had two really dificult pregnancies, and I wonder, for instance, whether there may have been a degree of chronic PND, Post-natal Depression, present and contributing to these problems

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement