advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/07/26

ENT se verslag...

Hi Doc,

Die tyd het gevlieg. My afspraak met Prof. vd Walt is volgende week! Intussen was die ENT so gaaf om vir my ''n verslag voor te berei op die Laringoskopie wat hy einde Jun. gedoen het.

Kan Doc asb. help en dit na " Afrikaans"  vertaal :)

Nasofarinks is hiperemies. Tonsilreste aan linkerkant en prominente linguale tonsils wat inpas by refluks. Hiperemie van posterior kommissuur van larinks wat ook deel van refluks is. Volgens foto''s van Gastroskopie moontlike galrefluks.

My mangels is in 2004 uitgehaal (toe ek 29 was) en my Galblaas is al verwyder: 2006. So ek moenie meer mangels en Gal hê  nie.

Dankie, Doc.
Groete, Cornel

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Nasofarinks (deel tussen jou agterkant van die neus en die keel) is rooi. Daar is nog stukkies mangels oor aan die linkerkant ( kan by the way nog mangelontsteking veroorsaak al is dit so groot soos 'n vuurhoutjie kop!) en prominente weefsel op die tong wat waarskynlik deur die suurrefluks se irritasie veroorsaak word. Ook rooiheid van die een vou van die stemkas wat ook waarskynlik deur die branderigheid veroorsaak word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/07/26

Hallo Gesiggie
Nasofarinks (deel tussen jou agterkant van die neus en die keel) is rooi. Daar is nog stukkies mangels oor aan die linkerkant ( kan by the way nog mangelontsteking veroorsaak al is dit so groot soos 'n vuurhoutjie kop!) en prominente weefsel op die tong wat waarskynlik deur die suurrefluks se irritasie veroorsaak word. Ook rooiheid van die een vou van die stemkas wat ook waarskynlik deur die branderigheid veroorsaak word.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement