advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/11/23

ENT probleme

Hi Doc,

Ek het so rukkie gelede uitgevind dat ek 2 gastric inlet patches aan die begin van my sluk het. Die impedant studies wys dat die deel 23 keer in 24 uur vir my reflux gee. Dis die inligting wat die Gastroentroloog vir my gegee het. Hy het gese dat daar geen tegnologie in Suid-Afrika is wat die ablasie tegniek kan doen nie - om sodoende die patches te brand.

Ek sukkel al vir amper 1 jaar lank, elke dag met keel seer en hoes en heesheid en my eetlus is baie baie swak en die kliere in my nek geswel en ek voel sommer siek.

Ek drink nou al vir meer as 2 maande in die oggend en aand 20mg Nexium om die Barrets aan die onderkant van my sluk in beheer te hou en die reflux daar in toom te hou.

Is daar werklik niks wat gedoen kan word om die patches te verwyder nie? Ek verstaan van die ENT dat die voortdurende reflux nodule op my stembande veroorsaak en later meer skade.

Maar as daar nie ''n manier is om die patches te verwyder nie, en die Nexium nie effektief is nie, wat kan ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Gesiggie

Daar is geen manier dat ek jou van raad kan voorsien nie. Die probleem val buite die ENT veld. Kry raad by jou Gastroenteroloog, of dan 'n chirurg of enige chirurgie jou probleem kan verbeter.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement