advertisement
Question
Posted by: marna | 2010/09/06

enkel ma

Goeie dag,
Ek is ''''n Verpleegkundige in diens van die staat (21 Jaar diens). Bowenal is ek ''''n enkelma van ''''n 18maande oue seuntjie.Voor sy geboorte het ek vir 3 jaar aan een nagdiens gewerk want geen ander ''''manager'''' wou nagdiens werk nie. Na my kraamverlof verlede jaar het ek begin dagdiens werk en tans is ons 13 managers. Ons hospitaal het hulle ''''creche'''' fasiliteite toegemaak, dus is ons as ouers op privaat dagsorg aangewese wat net gedurende die week beskikbaar is. Die ander 3 staatshospitale het wel die fasiliteite vir hulle personeel beskikbaar teen minimale betaling. Hulle weier egter dat ons kan aansoek doen aangesien ons nie op hulle betaalstaat is nie. Al die hospitale is in Bloemfontein. Dus is my seun by ''''n privaat dagmoeder teen R900 per maand waarvoor ek glad nie omgee om te betaal nie. My probleem is die ander ''''managers''''
Ek is altyd gewillig om my 7/19 vir die hospitaal te werk, alhoewel ek iemand dan van 16/19 moet kry om na hom te kyk en dan betaal ek die persoon. Ek werk my naweek wat my gewoonlik R500 ekstra kos en dan werk ek ''''n publieke vakansie dag R300 ekstra. Maandeliks kos dit my dus soms R2000 net om toesig te verkry vir my kind. Ek is bereid om my naweek te werk m.a.w 1 naweek in 13, maar hulle verwag nou van my om elke 4 de naweek te werk. Ekonomies gewys kom ek nie die mas so op nie en ek dink ook nie dis regverdig nie. Ek het nie familie in Bloemfontein wat gratis na hom kan kyk nie

My vraag dus - is daar enige iets wat in my guns tel wetsgewys waarop ek kan terug val?

Baie Dankie


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer

Geagte Marna

Ongelukkig is daar geen wetgewing waarop jy kan steun as jy wil hê dat jou werkgewer crèche fasiliteite moet bied nie. Daar is geen verpligting op ‘n werkgewer om dit te bied nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: MandyCY | 2011/02/02

Reply to MandyCY
Posted by: Labour Lawyer | 2010/09/14

Geagte Marna

Ongelukkig is daar geen wetgewing waarop jy kan steun as jy wil hê dat jou werkgewer crèche fasiliteite moet bied nie. Daar is geen verpligting op ‘n werkgewer om dit te bied nie.

Reply to Labour Lawyer

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement