advertisement
Question
Posted by: Mariette | 2005/06/27

Q.

Enige suksesstories met Glucophage en Clomid saam???? Carine, Pokkel...

Is daar iemand wat sukses gehad het met Glucophage en Clomid? Wat dit saam gebruik het?? My dokter het my nou op dit gesit. Ek wil weet wat my kanse is as ek dit gebruik om swanger te raak

Die dokter het gese dat my insulien weerstandigheid keer dat ek ovuleer. Glucophage beheer glo insulien vlakke. IS dit waar??

Is daar iemand wat al so swanger geraak het???

DANKIE.,

Mariette

10
user comments
Posted by: Biker Girl | 2006/01/27

Hi julle ek het nou vandag op die web bladsy afgekom en ek staan verstom oor wat ek hier lees. Ek sukkel nou al 13 jaar om swanger te word, ovuleer nie my menstuasie siklusse is net 'n rumour maar ek was 3 jaar terug in 'n motorfiets ongeluk en my huisdokter het toe vasgestel dat ek 'n diabeet is, insulien weerstandig. Toe verloor ek 3kg want ek is hengse oorgewig. Ek het ook in die 13 nooit voorbehoed middels gebruik nie want dit was nie nodig nie, ek het net nooit swanger geword nie. Na vele Laparoskopies, clomids, serephines nog steeds niks nie. Toe is ek Woensdag 25/1 na 8 jaar vir die eerste keer weer terug Gynie toe. Hy het weer my insulient laat toets. Dit was 1 jaar terug 36 en na 'n jaar se gebruik het dit gedaal na 16 en dit moet ten minste 10 wees. My dosis is nou verhoog vanaf 500mg na 850mg en hy voel ons sal nou iets kan uitrig vir ons om swanger te word. Glo my met BAAAAIE GELOOF en met die hulp van wat nou gebeur kan ek ook dalk oor 'n paar maande die goeie nuus met julle deel. Sterkte vir julle ons sal daar kom!!!

Reply to Biker Girl
Posted by: dankbaar | 2005/12/02

na vele trane het hulle uiteindelik uitgevind dat ek insulienweerstandig is, ek is op fertomid ( die generies vir clomid) en medikasie om my insulienweerstandigheid te beheer, dis wonderlik op nou te hoor dat dar hoop is, ons het al gedink dat ons nooit kinders gaan hê nie!

dankbaar

Reply to dankbaar
Posted by: elizma | 2005/10/31

hi,
ek is gediagnoseer met insulienweestandigheid en gebruik ook glucophage 850mg, dit is omtrent 2 jaar gelede. Ek het baie gewig verloor, swanger geraak en 'n miskraam gehad, daarna het ek weer nie geovuleer nie, toe sit die dr my op chlomid saam met die glucophage en 6mnde later was ek swanger, my seuntjie is nou 3mnde, so vas byt dit kan definitief gebeur.

Reply to elizma
Posted by: Kippie | 2005/06/28

Ek het net glucophage gebruik vir insulien weerstandigheid. Ek gebruik dit al die afgelope 3 jaar + en het die grootste lof daarvoor.
Omdat ek PCOS het, insulien weerstandig, onderaktiewe skildklier, ens, het ek nie gedink ek gaan vir die 3de keer vreeslik vinnig swanger raak nie, maar toe gebeur dit en ek dink dit is toegeskryf aan die glucophage gebruik.
My seuntjie is nou 13 maande.

Reply to Kippie
Posted by: puppy | 2005/06/28

I am on Metformin which a generic for Glucophage. I was on 50mg Clomid, which failed, 100mg which failed and finally 150mg of Clomid with 850mg Metformin and SUCESS...... I am 9 weeks pregnant!

Good luck!

Reply to puppy
Posted by: Pokkel | 2005/06/28

Hi Mariette
Ek het ook nie kennis van Gluguphage nie, ek het slegs Clomid gebruik. Maar sover ek verstaan word die Gluguphage voorgeskryf vir persone wat insulien weerstandigheid het sodat hulle kan ovuleer.
Sterkte jong, en hou ons op hoogte.

Reply to Pokkel
Posted by: Tweety | 2005/06/28

Ek is tans op Gluguphage al vir die afgelope jaar en op clomid so 6 maande, ek het 'n hoë insulien weerstandigheid gehad van 23 en dit het met die maande afgekom tot so 10, ek het ook nooit geovuleer nie, en in Junie het my gynie my gebel om te sê ek het wel geovuleer ons moet nou net swanger raak, wat ook sal help is as jy met 'n dieetkundige praat oor 'n dieet vir insulien, dit help die proses net vinniger aan, anders kan jy my jou fax no of epos adres gee dan stuur ek dit vir jou, want ek het so 'n dieet. Ovulasie word onderdruk deur insulien en as dit te hoog is sal jy nie kan swanger raak of ovuleer nie.. Sterkte.....

Reply to Tweety
Posted by: Carine | 2005/06/28

Nog niks nie, jammer. Toetse almal negatief. Sterkte vir jou! Carine xx

Reply to Carine
Posted by: Mariette | 2005/06/27

Dankie mens. Hou maar vir my duim vas. Is jy nog nie swanger nie?? Het jy al toets gedoen??

Mariette

Reply to Mariette
Posted by: Carine | 2005/06/27

Nog nie Glucophage en Clomid saam gebruike nie, nog net Clomid op sy eie. Jy behoort dan swanger te raak. Sterkte!
Carine xx

Reply to Carine

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement