advertisement
Question
Posted by: RAADSOEKER | 2012/07/19

ENFISEEM

My man het long emfiseem - het sowat 2 maande gelede longontsteking opgedoen wat hom ''n groot terugslag gegee het maar was besig om te herstel na 10 dae in die hospitaal. Sowat 10 dae gelede het hy by rukke verskriklik gesukkel om asem te haal en verlede Vrydag het ek ons huisdokter se vennoot wie ''n baie jong onervare dokter is ingeroep om hom te kom ondersoek by die huis. Haar diagnose was dat daar water op sy longe is en het ''n naald aan sy rugkant ingedruk en vog getap wat haar vermoede bevestig het . Sy toestand het egter sporadies versleg en teen 11 uur die aand is hy per ambulans na die hospitaal waar hy in die Algemene Saal opgeneem is. Die volgende oggend toe hy badkamer toe wou gaan het daar iets drasties verkeerd gegaan want hy was nie instaat om asem te haal nie en het hy as gevolg daarvan " uitgepass" 
Hy is verskuif na Intensiewe Eenheid, ''n Internis het ''n dreineringspyp ingesit na sy longe en is meegedeel dat die een long platgeval het en dat ook ''n longsakkie gebars het.

Ek wil graag die volgende weet :-
Kan die spuit van ''n naald soos gedoen deur die GP sy longe beskadig het ?
Wat kan van ons kant gedoen word om te verhoed dat hy weer infeksie kry.

Dankie byvoorbaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nee, die naald wat ingedruk was om vog te tap, sou nie sy longe beskadig nie. Dit klink asof sy longe erg beskadig is en dat hy altyd 'n risiko vir longontsteking sal he. Hy moet so gesond as moontlik probeer leef en elke seisoen die griepinspuiting kry. Hy kan sy dieet met 'n goeie multivitamien aanvul. Dit sal voordelig wees om gereeld 'n internis vir 'n ondersoek te konsulteer, aangesien hy 'n kroniese longsiekte het, wat behandeling verg.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement