advertisement
Question
Posted by: Anon | 2009-11-03

Enfiseem

Ek het ' n rukkie terug vir dokter geskryf: My Pa hoes aanhoudend, vir maande al en hy slaap skaars in die aand. Dokter het toe genoem dat dit dalk enfiseem kan wees en ons huisdokter stem saam (of dit of asma)

Sy het vir my Pa steroids en iets anders voorgeskryf (blykbaar het hy baie goed geslaap gisteraand - hy het die dokter eers gister gaan sien)

Wat ek wil uitvind is, as dit wel enfiseem is, en hy hou op met rook, sal dit help? En vir hoe lank?
Ek weet dat enfiseem ' n lelike ding is en dat mens doodgaan daarvan so ek is baie bekommerd! Ek wil my Pa DEFINITIEF nie verloor nie - hy is nog baie jonk (51)!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
As hy ophou rook sal dit verdere skade voorkom, so ek sal dit defnitief aanbeveel. Ek sal voorstel dat julle 'n long funksie toets laat doen, dit sal julle 'n aanduiding gee van hoe erg dit is op die oomblik en dan kan mens ook later opvolg om te sien of die siekte gestabiliseer het. Het hy ook 'n long xstraal onlangs gehad?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Magda vd Merwe | 2014-12-10

G/more Ek soek dringend advies asb. My Bestuurder se Moeder is nou 77j. Sy was onlangs in die hospitaal vir 2 weke en na vele toetse is vasgestel dat die Tannie Enfiseem het. Sy en haar hele huishouding het egter NOOIT gerook nie en ook nie in 'n Asbes huis gewoon nie. Hulle is hul lewe lank nog boere in die Vrystaat. Hulle het so week gelede vir die Tannie suurstof gekry en sy slaap die hele aand met suurstof, maar die Tannie word by die dag net sieker en swakker. Sy is baie bleek en geweldig moeg. Die Dr wil haar nie weer opneem nie, want hy sê al die toetse is gedoen, en behalwe vir die Enfiseem is daar niks fout nie. Ons voel egter daar moet iets verkeerd wees, want die Tannie het absoluut geen krag nie. Sy gebruik ook Centrum en nog vitamins maar dit help nie. Sy het al hart versaking gehad a.g.v. bloedklont wat deur die long gegaan het, en het ook 'n Mantelvliesbreuk maar die Dr sê dit is nie die moeite wêrd om dit op haar ouderdom reg te maak nie. Sy gebruik ook voorgeskrewe medikasie daarvoor, en sy lei ook erg aan depressie. Kan julle ons asb probeer help, ons is baie moedeloos en weet regtig nie meer wat om te doen nie. Moet ons haar na 'n ander Dr toe vat, daar was 2 dr's oor haar, maar dan gaan hulle weer van voor af al die toetse wil doen. Help asb. Dankie Magda

Reply to Magda vd Merwe
Posted by: cyberdoc | 2009-11-03

Hallo Anon
As hy ophou rook sal dit verdere skade voorkom, so ek sal dit defnitief aanbeveel. Ek sal voorstel dat julle 'n long funksie toets laat doen, dit sal julle 'n aanduiding gee van hoe erg dit is op die oomblik en dan kan mens ook later opvolg om te sien of die siekte gestabiliseer het. Het hy ook 'n long xstraal onlangs gehad?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement