advertisement
Question
Posted by: Rene | 2011/02/04

Energie drankies vir kinders wat sport doen

''n Vriendin van my het vir my Biocycle [Bio Anabolics] gegee, sodat my kinders meer elektroliete kan inkry tydens sport [tennis]. Is dit veilig vir hulle en wat beveel julle aan vir meer energie en elektroliet inname tydens sport wedstryde.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rene
Ek is nie vertroud met die bestanddele in Biocycle deur Bio Anabolics nie. Ek het hulle Webwerf besoek en ongelukkig lys hulle net hul produkte en die pryse sonder om te sê wat dit bevat. Jy sal dus op die etiket moet kyk en indien nodig, vir my weer 'n boodskap pos met die inligting oor wat 100g of een porsie bevat. Een van die heel beste sportdrankies bly suiwelprodukte soos gegeurde melk of 'Drinking yoghurt'. Jou kinders kan al die elektroliete (kalsium, kalium, magnesium en natrium), koolhidrate en proteïene wat hulle tydens sport nodig het daaruit kry. Sulke suiweldrankies plus skoon water is gewoonlik al wat hulle nodig het. Maar laat gerus weet wat die Biocycle bevat.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/02/04

Beste Rene
Ek is nie vertroud met die bestanddele in Biocycle deur Bio Anabolics nie. Ek het hulle Webwerf besoek en ongelukkig lys hulle net hul produkte en die pryse sonder om te sê wat dit bevat. Jy sal dus op die etiket moet kyk en indien nodig, vir my weer 'n boodskap pos met die inligting oor wat 100g of een porsie bevat. Een van die heel beste sportdrankies bly suiwelprodukte soos gegeurde melk of 'Drinking yoghurt'. Jou kinders kan al die elektroliete (kalsium, kalium, magnesium en natrium), koolhidrate en proteïene wat hulle tydens sport nodig het daaruit kry. Sulke suiweldrankies plus skoon water is gewoonlik al wat hulle nodig het. Maar laat gerus weet wat die Biocycle bevat.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.