advertisement
Question
Posted by: worsie | 2011/09/12

Endomorf of Mesomorf??

Hallo Doc,
Ek is blykbaar ''n endomorfiese mesomorf. (Vet Tannietjie met ''n paar spiere) Moet ek my lot aanvaar of kan ''n mens jou liggaamstipe verander? Wat kan ek verwag om met oefening en dieet te vermag? (Realaisties?
Dankie vir al die hulp.
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worsie
Ek hou van jou benadering - endomorfiese mesomorf - dit is een van die oulikste beskrywings wat ek nog gelees het! Die klassifikasie van liggaamsbou in 3 kategorieë, is soos volg: ektomorf - dun persoon met min spiere, sal waarskynlik nooit gewig optel nie en sal ook sukkel om spiere te bou; endomorf - sterk spiere, tel maklik gewig op en verloor dit weer net so maklik, ideale bou vir spierontwikkeling; mesomorf - ronde, sagte figuur, neig om gewig maklik op te tel en vind dit baie moeilik om gewig te verloor. Dit is nie as sulks moontlik om jou basiese liggaamstipe te verander nie, maar mens kan besonder baie vermag deur die regte dieet en oefening te gebruik. Indien jy sou gewig verloor deur 'n lae-vet, hoe-vesel dieet te gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), dan sal jy die mesomorfiese komponent tog verminder. Indien jy gelyktydig gereeld aërobiese oefening (touspring, fietsry, swem, flink stap, ens) doen, sal dit verder bydra tot die vermindering van die mesomorfiese komponent van jou liggaam. As jy dan boonop ook oefeninge met gewigte byvoeg, sal dit jou spier- of endomorfiese komponent verhoog. Probeer dus die kombinasie van hierdie 3 ingrepe om jou liggaamstipe aan te pas, al kan jy nie van die onderliggende grondslag totaal ontslae raak nie.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/09/12

Beste Worsie
Ek hou van jou benadering - endomorfiese mesomorf - dit is een van die oulikste beskrywings wat ek nog gelees het! Die klassifikasie van liggaamsbou in 3 kategorieë, is soos volg: ektomorf - dun persoon met min spiere, sal waarskynlik nooit gewig optel nie en sal ook sukkel om spiere te bou; endomorf - sterk spiere, tel maklik gewig op en verloor dit weer net so maklik, ideale bou vir spierontwikkeling; mesomorf - ronde, sagte figuur, neig om gewig maklik op te tel en vind dit baie moeilik om gewig te verloor. Dit is nie as sulks moontlik om jou basiese liggaamstipe te verander nie, maar mens kan besonder baie vermag deur die regte dieet en oefening te gebruik. Indien jy sou gewig verloor deur 'n lae-vet, hoe-vesel dieet te gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), dan sal jy die mesomorfiese komponent tog verminder. Indien jy gelyktydig gereeld aërobiese oefening (touspring, fietsry, swem, flink stap, ens) doen, sal dit verder bydra tot die vermindering van die mesomorfiese komponent van jou liggaam. As jy dan boonop ook oefeninge met gewigte byvoeg, sal dit jou spier- of endomorfiese komponent verhoog. Probeer dus die kombinasie van hierdie 3 ingrepe om jou liggaamstipe aan te pas, al kan jy nie van die onderliggende grondslag totaal ontslae raak nie.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.