advertisement
Question
Posted by: Zenia | 2012/10/22

Endokrinoloog in Pretoria?

Goeiedag Dokter

Ek sukkel om ''n endokrinoloog in Pretoria op te spoor. Die een wat ek wel kon kry, Dr. Oosthuizen by Pretoria Oos Hospitaal, se waglys is 7 maande?! Het Dokter dalk ''n alternatiewe verwysing? My rede vir besoek: PCOS &  insulien weerstandig &  diabetes &  hipertensie &  erg vetsugtig.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Zenia

Ongelukkig is ek in Kaapstad woonagtig en is daarom nie bekend met die spesialiste in jou area nie. Ek stel voor dat jy die privaat hospitale in jou area kontak vir besonderhede.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Nevelle | 2015/04/29

Anonniem, wat is vir jou meer belangrik geld of jou gesondheid? Met beplanning kan daardie klein som spaar-gedeelte van jou medies ver kom. Teen die tyd wat jy by 'n spesialis uitkom is jou siekte al van so aard dat dit jou prioriteit is en moet wees want dit is die eerste van heelwat meer stappe om beterskap en daarmee saam jou lewenskwaliteit kan bevorder.

Reply to Nevelle
Posted by: tinkie opsoek na goeie endokriniloog | 2014/11/11

No

Reply to tinkie opsoek na goeie endokriniloog
Posted by: Karien | 2014/10/17

Sjoe ek is by Dr Delport en ek kan net met lof oor haar praat. Sy het my al sooo baie gehelp.En dan sien sy my nie eers partykeer nie.Ek stem gald nie saam met Anoniem nie..Die gelde is glad nie wat ek bt nie en dis ook nie waar dat hul nie jou uitslae met jou deel nie. Dr e-mail of fax enige tyd vir my vir bloedtrek of voorskrifte deur en ek kan enige tyd met haar gesels.sy het my al partykeer in die aand gebel na haar vol werksdag,maar sy bel terug!! Sy is hoogs aanbeveelbaar...

Reply to Karien
Posted by: Anne | 2014/09/08

Ek was by dokter Delport en het 'n opvolg afspraak gemaak. Ek het egter geskakel om die afspraak te kanselleer en het gedurende die gespesifiseerde ure op hul kennisgewingsbord (dink dit is ongeveer etenstyd) en met haar gesels. Sy het na die resultate van my bloedtoetse gekyk en wel gemerk dat daar een toets was waarna ons sal moet kyk in die toekoms. Ek beplan om haar vroeg volgende jaar te gaan sien. My suster is by dr Oosthuizen, sy is verbonde aan dieselfde praktyk, en sy kan slegs met lof van dr Oosthuizen praat. Ek kan ongelukkig nie saamstem met 'Anonymous' nie. Ek het geen slegte ervaring gehad nie. Ons verwag dat dokters 'n kristal bal het waarin hulle moet kyk en met een oogopslag moet sien wat ons makeer. Dokters en toetse kos ongelukkig geld. Niks in hierdie lewe is verniet nie. As jy egter siek genoeg is, is jy bereid om die onkoste aan te gaan om uit te vind presies wat makeer. Ek was al by verskeie dokters, het ongelukkig nog nie die oorsaak van my ongesteldheid uitgevind nie, maar ek is DESPERAAT genoeg om aan te hou probeer.

Reply to Anne
Posted by: Anonymous | 2014/07/22

Ek het na Dr. Delport gegaan. En ek is lelik ontnugter!!! Jy betaal R1800 met jou eerste afspraak wat jy van jou medies kan eis, maar as jou medies dit uit die spaargedeelte verhaal is dit n groot hap weg. Dan as hul bloedtoetse laat doen soos in my geval en ek glo meeste ander patiente, maak jy weer n opvolg afspraak om die uitslae te kry MAAR dan moet jy WEER R900 betaal! Voor jy haar kan sien, en hul bel jou ook glad nie met die uitslae al is als normaal. Die ontvangsdame weier om jou na dr deur te sit jy moet n afspraak maak en eers weer betaal! Ek dink dis n absolute skande en uibuiting van die patient se geld, hul se wel jy het n vorm geteken dat jy weer die R900 moet betaal met jou opvolg besoek, maar hul se dit nie vir jou terwyl jy die vorm teken, en hoekom moet jy WEER soveel betaal om jou eie uitslae aan te hoor!!!!! Wees gewaarsku, ek is regtig erg teleurgesteld en ek weier om WEER R900 te betaal, al kan jy dit van jou medies eis!

Reply to Anonymous
Posted by: Sanet | 2013/07/09

Probeer Dr Delport wat ook by Pta Oos Hospitaal is, sy is fantasties! En al wag jy, hulle bel jou as hulle kansellasies kry.

Reply to Sanet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement