advertisement
Question
Posted by: Helen Potgieter | 2010/07/20

Endokrinologie Postmenopousaal

Ek het op die 15 Julie vir die volgende toetse gegaan en ek skryf die uitslae daarlangs neer:

Prolaktien - 9
Estradiol - 103
FSH - 6.4
LH - 15.0
Progesteroon - 1.8

Ek wil net graag weet wat beteken hierdie resultate en of ek postmenopousaal is.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Helen
Dit hang af van die lab se reikwydtes en in watter vorm hulle dit rapporteer ( mmol/liter of IU/L) Aa mens post menopausaal is is jou FSH gewoonlik meer as 23 IU/L
Hierdie bloedtoetse moet geinterpreteer word saam met jou laaste menstruasie datum, geskiedenis van kontrasepsie gebruik en fisiese ondersoek, omdat hierdie hormone siklies verander. Prolaktien is binne normale perke as dit mikrogram/liter is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Helen Potgieter | 2010/07/21

Baie dankie Dr Bets vir u antwoord.

Ek is 49 jaar oud en het 18 jaar gelede ''n histerektomie gehad. Ek het nog steeds my eierstokke (of so dink ek want hulle het dit nie saam met my uterus uitgehaal nie.)

ENDOKRONOLOGIE
TOETS RESULT REIKWYDTES EENHEDE
Prolaktien 9 5 - 23 ug/l
Estradiol 103 pmol/l1
FSH 6.4 IE/l
LH 15.0 IE/l
Progesteroon 1.8 mmol/l

Wat my eintlike probleem is is dat ek ''n groot knop in my linker bors het en omdat my bors die heel tyd seer is. Ek wil ook net noem dat ek so 12 jaar gelede silikoonsakkies in my borste laat sit het. Ek kan soms nie in of uit asem haal nie dan is dit baie seer. Ek het dr toe gegaan en sy het my vir ''n sonar en FNA gestuur Die radioloog het gesê  dat dit my prostese is wat deur my borsweefsel gaan en dat hy nie daarin ''n naald kan steek nie. Ek het ook gegaan vir bloedtoetse om die hormone te toets. Die dr het my nou verwys na ''n ginekoloog want sy beweer dat as ek op HVT gaan sal dit die knop in my bors sag maak. Ek het geen probleem met die regter bors nie. Hoop alles maak vir dokter sin want ek is nou heeltemal confused want my logika sê  vir my dat die HVT nie die silikoonsakkie kan sagter maak nie.

Baie dankie.

Helen

Reply to Helen Potgieter
Posted by: Cyberdoc | 2010/07/20

Hallo Helen
Dit hang af van die lab se reikwydtes en in watter vorm hulle dit rapporteer ( mmol/liter of IU/L) Aa mens post menopausaal is is jou FSH gewoonlik meer as 23 IU/L
Hierdie bloedtoetse moet geinterpreteer word saam met jou laaste menstruasie datum, geskiedenis van kontrasepsie gebruik en fisiese ondersoek, omdat hierdie hormone siklies verander. Prolaktien is binne normale perke as dit mikrogram/liter is.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement