advertisement
Question
Posted by: Corlene | 2011-12-04

Emosionele eter

Na my egskeiding het ek ''n emosionele eter geword. Sodra ek myself ontstel, wil ek net eet. Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Corlene
Ek is jammer om te verneem van jou egskeiding, want dit kan een van die mees troumatiese gebeurtenisse in 'n mens se lewe wees. Baie mense gebruik kos as 'troos' vir stres en depressie. As jy nou vind dat jy 'n emosionele eter geword het na die egskeiding, sal ek aanbeveel dat jy eerstens hulp gaan kry by 'n kliniese sielkundige. Totdat jy hierdie trouma verwerk het en tegnieke geleer het om dit te hanteer, sal jy aanhou om na kos te gryp vir verligting. Wanneer jy weer jou emosies en jou lewe onder beheer het, kan jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet and Nutrition' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en ‘Balanced diet' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring of flink gaan stap. Miskien behoort jy nou al te begin met die oefening aangesien dit nie net vir gewigsverlies help nie, maar ook mens meer positief laat voel.
Raadpleeg dus asb. eers die sielkundige (jou huisarts kan jou verwys) en begin om te oefen. Later voeg jy dan die dieet by.
Sterkte in hierdie moeilike tyd
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-12-05

Beste Corlene
Ek is jammer om te verneem van jou egskeiding, want dit kan een van die mees troumatiese gebeurtenisse in 'n mens se lewe wees. Baie mense gebruik kos as 'troos' vir stres en depressie. As jy nou vind dat jy 'n emosionele eter geword het na die egskeiding, sal ek aanbeveel dat jy eerstens hulp gaan kry by 'n kliniese sielkundige. Totdat jy hierdie trouma verwerk het en tegnieke geleer het om dit te hanteer, sal jy aanhou om na kos te gryp vir verligting. Wanneer jy weer jou emosies en jou lewe onder beheer het, kan jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet and Nutrition' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en ‘Balanced diet' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring of flink gaan stap. Miskien behoort jy nou al te begin met die oefening aangesien dit nie net vir gewigsverlies help nie, maar ook mens meer positief laat voel.
Raadpleeg dus asb. eers die sielkundige (jou huisarts kan jou verwys) en begin om te oefen. Later voeg jy dan die dieet by.
Sterkte in hierdie moeilike tyd
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.