advertisement
Question
Posted by: Lindz | 2008/09/09

Ekstra gewig na ophou rook

Ek het amper 10 maande terug opgehou rook. Ek het nooit voorheen met my gewig ' n probleem gehad nie. Ek eet redelik gesond en eet nie baie lekkernye nie. Nogtans het ek 10 kg opgetel binne 5 maande nadat ek opgehou rook het. Vir die laaste 3 maande is ek op ' n lae kilojoule dieet en laat myself net een dag per week toe om ietsie ekstra te eet wat nie deel uitmaak van die dieet nie. Ek stap so drie maal per week vir ongeveer 20 minute op ' n keer en verder het ek oor die algemeen ' n aktiewe leefstyl. Nogtans verloor ek absoluut niks van die gewig wat ek opgetel het nie. Ek is raadop! Wat kan die probleem wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lindz
Gewigstoename is ongelukkig by sommige persone een van die probleme van rookstaking, maar aan die ander kant sal dit jou algemene gesondheid geweldig baat. Goed gedaan. Navorsing dui aan dat as persone nie hulle energie-inname verhoog nie (bv. heel dag peusel weens die drang vir orale bevrediging) en genoeg oefening doen, dan sal die liggaam aanpas en die gewig sal weer geleidelik na normaal terugkeer. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's articles' en doen ‘n Soektog vir 'Stopping smoking' om al die wenke te lees oor hoe mens hierdie tydelike probleem kan oorkom. Ek sal aanraai dat jy jou oefening verhoog tot 30 minute elke dag (indien moontlik) of 60 min elke 2de dag om jou metabolisme te stimuleer. Probeer ook vinniger en verder stap soos jy fikser word. Dit sal ook jou metabolisme stimuleer en gewigsverlies veroorsaak.
Wees dus geduldig en hou aan met die dieet en die oefening.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement