advertisement
Question
Posted by: Tania | 2008/12/02

Ekseem of psoriasis of dalk net allergie

Goeie Dag

Ek is 31 jaar oud en het so 3 weke begin om my kopvel te krap, maar nie my hele kopvel nie. Dis net agter in my nek maar binne my haarlyn. Dit het amper soos skilfers gelyk as ek gekrap het, maar ek weet dit is nie skilfers nie siende dat dit net agter n gedeelte is. Dit is ongelooflik rooi en jeuk baie erg. Later het dit amper soos korsies gehad (wat ek nie seker is of dit van die karp is nie). Dit het nou so erg begin word dat dit so n brand gevoel is en daar loop nou sulke geel goed uit. Dis ook al vreeslik geswel die area wat ge affekteer is. My pa het wel psoriasis en ek is nie seker of dit dit is of dalkies ekseem nie. Dit kan self egter dalk net n allergie wees. Ek gebruik nog dieselfde shampoo en har produkte. Ek bly tans in London en weet nie of dit die water kan wees wat baie hard is nie (alhoewel ek bly nou al hier vanaf Feb 2008). Ek sal enige raad en advies vreeslik baie waardeer.
Wat is die verskil tussen ekseem en psoriases?

Baie Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tania
Psoriase is rooi met silwerige "flakes" wat bloei as jy dit krap, dit kom gewoonlik orals op jou lyf voor. Wat jy het klink vir my soos 'n geinfekteerde ekseem. Sien asb 'n dokter want jy het waarskynlik antibiotika en kortisoon nodig
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: sue | 2009/02/08

Ehhet so ' n jaar terug, was nogal baie onder druk ook ' n uitslag in my hare agter my regteroor ontwikkel. Later het dit na die anderkant versprei. Dit begin om te jeuk en maak sulke klein knoppies. As ek te veel krag raak dit seertjies. Brand ook en partykeer maak dit my wakker in die nag. As dit op die een plek weggaan slaan dit weer op ' n ander plek uit. Partykeer voor op my bors, dan agter op my skouer en dan weer in die nek. Dit voel soos ' n uitslag. Ek gebruik ' n salf wat kortisoon bevat wat ek per toeval by i emand gekry het. ek smeer dit liggies aan as dit onithoudbaar word. Het al my dr gevra en hy se net dit is ouderdom. ek 60 en baie gesond. Partykeer klaar dit heeltemal op maar voel soms dit bekruip my. Kan dit verkeerde kosse wees? Ek is baie sensitief vir melkprodukte, brood ens. Partykeer voel ek ook baie gestress??

Reply to sue

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement