advertisement
Question
Posted by: Elsa | 2010/02/03

Ekseem in ore

Ek het wat ek noem ekseem in my ore - skilferig, jeukerig, rooi en seer. Wanneer dit erg opvlam, versprei dit ook na my oorlel en agter my oor. My dokter het al Covomycin voorgeskryf wat baie goed werk, maar mens mag dit net vyf dae lank gebruik, en na dertig dae moet dit weggegooi word. Is dit ekseem, en is daar iets wat dit permanent sal genees? Of dalk iets wat dit onder beheer sal hou? Baie dankie, Dok!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit klink soos ekseem Elsa, kry vir jou Quadriderm room, jy kan dit met 'n earbud in jou oor smeer, en ook buite gebruik. Probeer vir jou die alkohol gebaseerde druppels in die hande kry wat die swemmers in hulle ore gooi na hulle geswem het om hulle ore droog te maak - en gebruik dit na jy hare gewas het of jou ore nat geword het. Moenie jou ore met earbuds skoon maak nie - ore is "self-cleaning" en die earbuds maak die vel rou en vatbaar vir infeksies en irritasies.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/02/03

Dit klink soos ekseem Elsa, kry vir jou Quadriderm room, jy kan dit met 'n earbud in jou oor smeer, en ook buite gebruik. Probeer vir jou die alkohol gebaseerde druppels in die hande kry wat die swemmers in hulle ore gooi na hulle geswem het om hulle ore droog te maak - en gebruik dit na jy hare gewas het of jou ore nat geword het. Moenie jou ore met earbuds skoon maak nie - ore is "self-cleaning" en die earbuds maak die vel rou en vatbaar vir infeksies en irritasies.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement