advertisement
Question
Posted by: Pippie | 2009/12/14

Ekseem aan ringvinger

Ek het al ' n geruime tyd ' n gejeuk en uitslag aan my ringvinger, hoewel ek nie meer my trouring dra nie. Dit lyk eerder of dit erger word vandat ek die ring afgehaal het. Ek het ook die ring aan my middelvinger afgehaal omdat ek gedink het dit kan dalk ook die oorsaak wees. Ek het mylocort by die apteker gekry en dit het gelyk asof dit help en toe word dit maar weer so erg. Die Gp het gese ek moet quadriderm gebruik en ek doen dit nou al vir 3 dae en nog geen verbetering nie. Ek het ook ander handskoene gekry vir die skottelgoedwas vir ingeval die oorsaak in die ou handskoene le. Wat kan ek nog doen en hoe gereeld moet ek my hande was en watter tipe room en seep moet ek vermy?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pippie
Partykeer kan so ekseem lank aanhou - dit kan ook soms 'n sekondere fungus infeksie inkry. Hou aan met die Quadriderm vir ten minste 'n week. Hou die area bevogtig met iets soos aqeous cream ( gebruik dit sommer as "seep" ook om jou hande te was, bly weg van gewone seep) Probeer jou hande so droog moontlik te hou andersins.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/12/14

Hallo Pippie
Partykeer kan so ekseem lank aanhou - dit kan ook soms 'n sekondere fungus infeksie inkry. Hou aan met die Quadriderm vir ten minste 'n week. Hou die area bevogtig met iets soos aqeous cream ( gebruik dit sommer as "seep" ook om jou hande te was, bly weg van gewone seep) Probeer jou hande so droog moontlik te hou andersins.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement