advertisement
Question
Posted by: Vegan | 2010/07/13

Ekseem

My seuntjie het op 6 maande ekseem in sy gesig gekry. Die pediater het vir hom kortisoon room voorgeskryf wat dit dadelik opgeklaar het.

Nou, na 7 jaar, is dit skielik terug. My vorige huisdokter het dit vermoedelik misgediagnoseer as ''n swaminfeksie 2 jaar gelede, want die anti-swam room wat sy voorgeskryf het werk glad nie. Dis nie op dieselde plek as toe hy ''n baba was nie. Dit is ook grooter kolle, meer verspreid &  opgeswel. Dit is hoofsaaklik op sy wange, ken, elemboë  &  selfs tussen sy hare.

Daar is ekseem in my man se familie &  baie oorerflike allergië  in my familie, insluitend swamme &  muf.

Is daar iets wat aan die ekseem kolle gewend kan word wat sonder ''n voorskrif beskikbaar om die simptome te verlig is of is dit beter om hom dokter toe te neem vir ''n definitiewe diagnose voordat mens self-medikasie probeer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Vegan
Ek sal verkies dat jou dokter kyk (of dalk 'n dermatoloog) Verkeerde tipe kortisoon salf veral vir kinders kan sleg wees vir hulle want dit word deur die vel opgeneem en onderdruk die byniere. Mens moet ook baie versigtig wees vir kortisoon op die gesig vel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Sandra | 2010/07/13

Hi
Ek sukkel ook erg met ekseem in my gesig.
Ek het vasgestelde produkte wat ek gebruik wat werk. Ek gebruik Annique se baba vogroom sepie (beskikbaar by Baby city en agente) en gebruik E45 room. Dit hou die ekseem onder beheer. Wanneer dit opvlam, was ek my gesig met louwarm rooibostee water. Ek sweer ook by Episone se Coaltar room. Dis so R25 vir ''n 1kg houer by Dischem en dit werk wondere. Dit neem die jeuk weg en klaar dit op binne ''n dag of twee.
Ek drink ook antihistamiene bv celestamine om die allergieë  onder beheer te hou.
Ek hoop die raad help
Sterkte vir julle!

Reply to Sandra
Posted by: Cyberdoc | 2010/07/13

Hallo Vegan
Ek sal verkies dat jou dokter kyk (of dalk 'n dermatoloog) Verkeerde tipe kortisoon salf veral vir kinders kan sleg wees vir hulle want dit word deur die vel opgeneem en onderdruk die byniere. Mens moet ook baie versigtig wees vir kortisoon op die gesig vel.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement