advertisement
Question
Posted by: Ingrid | 2009-04-02

Ekseem

Ek kry ' n rooi uitslag wat gewoonlik in my hare begin en dan plek-plek versprei na my skouers, lae rug, gesig (haarlyn) en partykeer my maag. Dit is rooi en opgehewe en jeuk verskriklik. Dit vorm later sulke knoppies, amper soos puisies, net sonder die geel koppies. Wanneer ek dit stukkend krap, bloei dit en vorm dan ' n rofie. Op my linkerskouer is ' n groot opgehewe rooi area. Die dermatoloog het dit as ekseem gediagnoseer. Ek het al ' n paar kortisooninspuitings daarvoor gekry en het ook kortisoonsalf. Ek wil egter probeer wegdoen met die kortisoon en iets meer natuurlik gebruik. Ek sal ook baie graag wil weet wat dit veroorsaak - iets wat ek eet of drink, stres, hormone? Dit vererger wel sekere tye van die maand en as ek onder baie stres is. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ingrid
Dit kan kos verwant wees, maar ook te doen het met haar produkte soos shampoo of kleurmiddels. Stress kan dit uitlok as jy atopiese dermatitis kry. Jy kan dalk evening primrose oil kapsules probeer, maar daar is juis enige baie suksesvolle natuurlike middels om te gebruik nie. Probeer kyk of daar 'n verband is met iets wat jy gebruik?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement