advertisement
Question
Posted by: Phoebe | 2009/04/14

Ek weet nie meer nie...

Help?

Was 2 weke terug in hospitaal ongevalle opgeneem my witbloedtelling in urine was 17000 na 3 dae op AB het dit geklim tot 17800
Het nierinfeksie gehad agv van ’ n UTI was die 1ste diagnose
Was 5 dae in hospitaal op AB het ook buikscan gedoen, geen mantelvlies breuk, of galblaas probleme nie, longe wys ok, en hartwand is normaal.
Dr het gasto en colonoscopy gedoen het toe gesien 2 maagsere het my sommer onstlaan daarna
Hy het vir die Maagseer my op Altosec 20 gesit vir 2 maande
Lei ook aan slaapapnee volgens Dr ek moet ’ n slaapmasker kry?

Het suiker toets gedoen was 5.6
Cholestrol was 5.3

So moet ek na ’ n internis toe gaan of na my huis dr toe? ’ n Chirurg het my behandel in die hospitaal

Ek het nog die volgende simptone

Ongelooflike lyfseer - Veral by my ribbes en bekkenbeen. Dis nie my lyf wat seer is nie maar dit voel soos die bene in my lyf
Linker long seer veral onder die bors as ek skerp of diep inasem of hik...selfs nies) het dit opgemerk na narkose
Ek bly Moeg
Slaap moeilik kort kort wakker, Sweet veral in die aand. Slaap selfs met die waaier aan ( dit kan die slaapapnee wees)
Kry maklik koors / koue - koors sommer vir niks.
Kopseer
Pyn oor my niere
Pyn oor my lewer (scan het niks opgetel nie)
Hande voel styf
Loopmaag
Gewigverlies. (8kg in 2 maande)
ek het ook ' n skielik sulke wit ' sproete"  oralste op my lyf en 1 van my sproete het ' n groot bruin opgehewe moesierige ding geword, nogal seer as ek perongeluk daaroor krap.
Ek is nou 37

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Phoebe
Ek dink jy moet 'n internis sien, daar is sommer 'n paar goed waarna hulle moet kyk, daar is bloede wat getrek moet word soos skildklier, nierfunksie, lewerfunksie etc. Die pyn onder die bors kan van die gas wees wat hulle met die kolonoskopie ingeblaas het om beter te kan sien. Die gewigsverlies pla my - maak sommer gou 'n afspraak by 'n internis. Vat so veel moontlik van jou vorige toetse se uitslae saam ( bel die dokter en vra 'n fotostaat kopie) sodat hulle dit nie hoef oor te doen nie!
Die nagsweet en pyn oor die niere kan van die urienweg infeksie wees wat dalk nog nie 100% opgeklaar is nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Phoebe | 2009/04/15

Baie dankie Dr Bets! sal ' n afspraak by ' n internis gaan maak

Reply to Phoebe

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement