advertisement
Question
Posted by: riana | 2010-11-12

ek sukkel

doc ek is amper amper op moedverloor se vlakte!ek is 39 het maar altyd die gewig kwessie gehad en het onlangs gehoor ek het n ongesonde verhouding met kos(het paar jaar terug net genoeg gehad en byna opgehou eet en het 18kg verloor)maaaaar ek het weer 9kg opgetel ek is 1 78 en weeg tans 79kg ek eet volgens my seker maar gesond maar mense se ek eet te min en daarom verloor ek nie, doc ek oefen 5dae per week 35min cardio en dan n program wat vry gewigte en gewigte insluit

voor gym 1 sny roosterbrood
na gym 1 sny brood met kaas / of vrugteslaai en yogurt
middagete 2 snytjies lae gi brood met laevet ham en blaarslaai
snack is maar n bietjie pekan neute of 4 provitas met laevet maaskaas
saans hoender fillet met groen boontjies en min of geen stysel of maalvleis en rys of wat ookal die gesin eet maar net heelwat minder

ek sukkel al van altyd met lae bloedsuiker en dit is onlangs weer getoets en was normaal

ek het al selfs die " shake"  roete gevolg shake vir ontbyt en middagete maar ai dan keil die dikderm my op

ek drink n multivitamin elke dag maar voel met tye baie moeg so wol gevoel in die kop haha

help asb???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Riana
Jou huidige BMI = 24,7 wat nog binne die normale reikwydte val. Om nog 'n paar kg te verloor, sal ek jou aanraai om 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel dieet te probeer sodat jou liggaam nie sy gewigsverliesmeganismes afskakel nie. As jy so baie oefeninge doen, dan moet jy vir jou liggaam koolhidrate gee as brandstof andersins gaan jy moeg en uitgeput voel. Koolhidrate (16 kJ per gram), is 'n beter keuse wanneer jy wil gewig verloor as vette (37 kJ per gram). Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet.
Indien jy nog steeds nie reg kom nie, sal ek jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek om 'n persoonlike lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou ook kan adviseer hoe om hierdie dieet toe te pas. Klik intussen op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-11-12

Beste Riana
Jou huidige BMI = 24,7 wat nog binne die normale reikwydte val. Om nog 'n paar kg te verloor, sal ek jou aanraai om 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel dieet te probeer sodat jou liggaam nie sy gewigsverliesmeganismes afskakel nie. As jy so baie oefeninge doen, dan moet jy vir jou liggaam koolhidrate gee as brandstof andersins gaan jy moeg en uitgeput voel. Koolhidrate (16 kJ per gram), is 'n beter keuse wanneer jy wil gewig verloor as vette (37 kJ per gram). Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet.
Indien jy nog steeds nie reg kom nie, sal ek jou aanraai om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek om 'n persoonlike lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou ook kan adviseer hoe om hierdie dieet toe te pas. Klik intussen op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement