advertisement
Question
Posted by: Rika | 2012/09/06

Ek is te emosioneel

Ek was nog altyd redelik emosioneel, maar kon die goed beheer. Noudat ek ouer raak, voel dit asof dit erfer raak en dir raak ''n verleentheid vir my. VEral rondom PMS raak dit erg en sal ek huil oor enigiets.

Is daar ''n tipe mediaksie wat ek kan gebruik om my trane te keer die tye wat ek voel dis sulke tyd? Ek huil dan letterlik vir enigiets bv as ek iemand sien huil, dan huil ek saam al weet ek nie eens waaroor die persoon huil nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rika

Dit is moontlik dat jou emosionele toestand wel beinvloed word deur hormonale onstabiliteit. Jy kan egter jou dokter vir 'n voorskrif vir 'n antidepressant konsulteer om jou simptome te verlig.

Daar is wel 'n toestand wat oorweeg moet word, nl. pseudobulbar effek. Verwys na die volgende artikel vir breedvoerige inligting oor hierdie toestand: http://en.wikipedia.org/wiki/Pseudobulbar_affect

'n Neuroloog kan help om vas te stel of jy enige iets het om oor bekommerd te wees.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement