advertisement
Question
Posted by: Lina | 2008/11/05

Ek is bang

Hi Dokter

Ek is nou 9 weke swanger. Was vir my 1ste gynae besoek op 8 weke, baba blyk gesond te wees. Hartkloppie 162 p minuut.

Ek het eers uitgevind op 7 weke dat ek swanger is. Die swangerskap was nie beplan nie maar ons is verheug daaroor. Ek is bang dokter! Ek lees nou van al die gevare en goeters vir baba oor wat mens eet en drink en so aan. Ek het redelik baie alkohol gedrink in die tyd wat ek alreeds verwag het, is mos nou jaareind funksies en troues en en en (bv 4 tot 6 biere so 2, 3 keer ' n week gewees). En nou sê  al die boeke dit lei tot gebrekkige breinontwikkeling en breinskade en ek lees goed soos fetale alkoholsindroom!!!

Het ek iets stupids gedoen wat ek vir die res van my lewe gaan berou?


Ek is soooooo bang dokter!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lina
Jong, mens moet daagliks heelwat drink (binge drinking) om fetale alkohol sindroom te veroorsaak - 7-14 drankies per week of 1-2 drankies per dag oor die hele swangerskap. Die ideaal is om die babatjie glad nie aan alkohol bloot te stel nie, want in die eerste 3 maande vind belangrike ontwikkeling van die brein plaas. Jou baba mag dalk wel beinvloed word deur die alkohol wat jy ingeneem het, gelukkig het bier redelike lae alkohol inhoud en as jy dit oor 'n langer periode en met kos ingeneem het, was die opname waarskynlik stadig met lae konsentrasies.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement