advertisement
Question
Posted by: R | 2009/03/30

Ek het hulp nodig

Ek weet nie waar om te begin nie. Ek het geen selfvertroue nie. Dit veroorsaak dat ons niks vriende het nie, want ek raak vreeslik jaloers wanneer ' n ander vrou in die geselskap is. Ek beskuldig my man van die simpelste goed en breek myself net verder af. Ek kan nie meer nie! My man kan nie meer nie. Ons is baie lief vir mekaar maar ek wil hom nie meer seermaak nie. Ek weet dit breek hom as ek so raak. Ek kry skaam vir myself en ek weet hy ook. Ek dryf hom weg en hy het gese hy kan nie meer so aangaan nie. Ek is gemolesteer toe ek 5 was tot en met 13. Ek kom uit ' n gebroke huis. Ek kon nie vir ' n beter man gevra het nie! Hy is my alles! My lewe! Wat kan ek doen om ' n goeie vrou vir hom te wees? Waar begin ek om myself weer heel te maak? My hart is gebreek!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Good counselling, for instance CBT ( Cognitive-Behaviour Therapy ) can be very helpful in repairing your self-esteem and self-confidence, and helps you learn how to enjoy company, and make friends. You can't change your sad history, but fortunately you don't need to --- Ct would help you to examine the unhelpful assumptions you have formed after the earlier bad experiences, and you can change those, and grow stronger and happier

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: R | 2009/03/30

Baie dankie vir die ondersteuning. Dis moeilik om mense te kry wat eintlik iets posiftiefs kan se omtrent my probleem. Ek wardeer dit opreg. Big R, jy is reg. My man is alles in my lewe! Baie dankie weereens.
CS, I will try to find a CBT cousellor in my area.

Reply to R
Posted by: Big R | 2009/03/30

Ek lees jou probleem deur en kom agter dat jy baie, baie lief is vir jou man en dat hy alles vir jou beteken in die lewe. Jy het ' n slegte ondervinding in jou lewe gehad en is so baie bang dat jy dalk jou man mag verloor dat jy paranoies raak as iemand met hom vriendelik is. Wat jy moet doen is aanvaar dat hy jou lief het en dat hy daar is vir jou en leer om te ontspan.

Ek glo as hy jou wou los dat hy seker al redes kon gee hoekom maar dit sal enige iemand moeg maak as iemand te erg jaloers is want dan is jy eintlik meer besitlik.

Sterkte vorentoe!!

Reply to Big R

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement