advertisement
Question
Posted by: Helena | 2013/01/14

Ek alweer... Update 2013

Hi daar dr.

Voorspoedige nuwe jaar!!! Ek hoop dit gaan goed.

Ek soek bietjie raad by dr. Ek is mos nou al vanaf MEi 2012 by ''n dieetkundige en sy weier om my dieet aan te pas. Met die gevolg, ek staan vas op 110kg... Met nog tenminste 15kg wat ek graag voor April 2013 wil verloor (vir my troue).

Ek eet ''n halwe koppie Pronutro in die oggend (volgraan) ,met 200ml vetvrye melk, en sweetner.

Mid snack is 2 provitas met maaskaas

Lunch is 2 snye low gi brood, met slaai en of kaas of hoender, tuna, wat ookal op

Mid snack is ''n vrug

Aandete is ''n klein stysel, vleis en groente.

Ek is al keelvol vir Pronutro en Provistas. Ek smag na meer vrugte, maar omdat ek insulien weerstandig is, mag ek nie. Ek het nou al Ryevita probeer en dis ook nie lekker nie. Die dieetkundige se ek is net negatief, maar hoe de hel moet ek positief bly na 10 maande dieselfde (vloekwoord) menu???

Maar ons gaan nie kwaad word nie. Ek het 13weke oor om 13kg TEN MINSTE af te skud. Ek oorweeg die om brood geheelenal te vermy. My vriendin wat ook IW is, se dieetkundige het vir haar gese bly weg van pastas, brood, butternut ens.

So, hoe nou gemaak? Ek betaal ''n klomp geld elke 3weke en sien nie resultate nie. Ek dans, aerobics en stap. Eks besig om bitter negatief te raak en ek wil nie.

Praat bietjie moed in, toe?!

Liefde en groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Dit is wonderlik om weer van jou te hoor, maar nie dat jy besig is om in 'n depressie af te daal. Ek kan verstaan dat jy nou al (verbode woord wat met 'n 'g' begin!) is vir dieselfde kos eet elke dag. En daar is nou ook nog die troue waarvoor jy mooi wil lyk. Ek onthou dat jy in die verlede vir my genoem het dat jy wel Glucophage gebruik? Is ek korrek? Indien nie, wil ek voorstel dat jy die gebruik van Glucophage met jou dieetkundige en jou mediese dokter moet bespreek. Wanneer jy met jou mediese dokter praat, vra hom/haar ook oor 'n bariatriese ingreep soos die plasing van 'n gastriese ballon om die gewigsverliesproses aan te help. Dit is van die opsies wat wel oorweeg kan word. Jy weet goed dat ek nie hou van ongebalanseerde diëte nie en dat jy tog die lae-GI koolhidrate kan gebruik al is jy IW.
Ons gaan nou in 2013 elke dag positief aanpak en minder tob oor gewig. Obsessies kan ook jou gewigsverlies en die IW negatief beïnvloed.
Glimlag asseblief nou vir my!
Ek wens jou 'n voorspoedige en 'ligte' jaar!
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement