advertisement
Question
Posted by: Simonya | 2010/08/31

Egskeiding

Ek wil graag uitvind, ek en my man is buite gemeenskap van goedere getroud, met uitsluiting van/op aanwas. (without accrual). Ons het egter na ons getroud is ''n huis gekoop en die huis is op ons altwee se naam. Hy betaal die paaiemente. Ek wil hom dagvaar vir egskeiding, maar waar los dit my met die huis. Ek het ook ''n 3 jarige kind. Mag ek vra dat hy uittrek, of hoe werk dit, en moet hy onderhoud vir my ook betaal of net my kind?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Uit die aard van die saak is jy geregtig op 50% van die eiendom. Jy het ook 'n eis vir onderhoud vir die kind asook in gegewe omstandighede 'n eis om rehabiliterende onderhoud vir jou self. Ek sou as ek jy was die onderhoud waarop jy geregtig is gebruik in die onderhandelinge om die ander 50% in die huis te bekom en sodoende die alleen eienaar te wees.

Bertus Preller
Family Law Attorney
Abrahams and Gross
bertus@divorceattorney.co.za

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Michelle | 2010/11/21

Ek is buite gemeenskap met die aanwas bedeling getrou. Ons is 20 jaar getroud, my man het my en die kinders aangerand, hy was in die tronk vir 2 dae. Hy slaan ons niemeer nie, maar vloek en skel ons heeltyd. Hy alles is syne, ek besit niks, alhoewel ek vir 20 jaar die kinders van voedsel, sorg dat hule elke dag by die skool kom op my onkoste. Hy dra geensins by daartoe nie.Ek moet al hul klere en skryfbehoeftes ens koop, asook al die vervoerkoste betaal. Ek het 3 kinders., 2 nog op skool Volgens hom kom hy sy pligte na. Die huis is reeds klaar betaal, hy betaal water en ligte, en kinders se skoolgelde. Sy salaris is ongeveer 4 keer meer as myne. Kan ek onderhoud van hom eis.

Reply to Michelle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement