advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009/06/25

Egginokokkus Sists

Beste Dok,
Dit reë n hier in die Kaap sonder ophou –  my kaggel by die huis brand pal!
Daar is ‘ n ruk gelede ‘ n egginokuskkus sist van my long verwyder en ek het nog een in die lewer –  omtrent twee knewels. Die long sin was so 5x6cm en die een in die lewer (volgens laaste sonar) is so 8x7cm). Ek is nou al die afgelope 5 maande op Zentel 400mg/dag.
Ek het twee vrae:
1. Aan die voorkant van my ribbes is dit nog steeds so half ongemaklik –  dit voel of hul my kraakbeen bietjie seer gemaak het –  kom dit ooit reg? Die op is deur my ribbes gedoen, omtrent so ‘ n 15cm snit… 
2. Die spesialis wil die sist in my lewer aspireer, maar twee huisdokters het my nou al afgeraai en gesê  as die ding nie groei, op iets druk en ongemak veroorsaak of met die gal komminikeer nie, moenie met dit peuter nie.
Die aspirasie behels glo lokale verdowing. ‘ n Naald word met sonar begeleiding tot in sist gesteek. Dit word geprik, dan aspireer hulle soveel moontlik vloeistof, dan word salyn of iets binne in gespuit (gelykstaande aan volume wat aspireer is) en daar gehou vir so 30min. Dan word die vloeistof alles uitgesuig en die sist wande val glo plat en die liggaam “ absorbeer”  dit. Dit word PAIR genoem –  Puncture, Aspiration, Inject and Re-Aspiration)
Verder drink mens glo ‘ n baie swaar dosis Albendasool (iets soos 800mg/dag) vir 14 dae voor die prosedure –  dit verminder glo die druk binne die sist (verminder risiko dat dit bars wanneer geprik word) en as dit bars help dit glo om moontlike lewende eiers/larwe te dood.

My huisdokter sê  ek moet eerder die ding een of twee keer ‘ n jaar laat monitor (met detail) en as dit nie groter word of hulle tel nie iets snaaks op nie, moet ek dit eerder net so los. Mens moet glo ‘ n rdelike harde stamp kry voordat die sist bars, want dit het glo ‘ n redelike dik wand?!

Dankie,
Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem

Ja ek voel hier bo in Pretoria julle het die yskas se deur oopvergeet daar onder in die kaap!!

1. Ja ek dink die ongemak kan nog van inflammasie wees waar die kraakbeen van die rib met die borsbeen kontak maak - dit is redelik algemeen na 'n torakotomie ( by 50% van pasiente) Probeer maar Voltaren jel en anti-inflammatoriese middels as dit baie seer is. Daar loop ook 'n senuweetjie saam met die rib en die gekarring daar kan die ook beseer - dit kan to 18 maande neem om te herstel. Partykeer help 'n trisikliese antidepressant soos Tryptanol vir die pyn as niks anders help nie ( dit werk op die pyn bane van die rugmurg en verhoog jou pyn drempel en terugvoer)
2. Jou GP's is "reg" - die indikasie vir sjirugie van 'n echinococcus syst in die lewer is wanneer dit op iets druk, of 'n galbuis betrek of 'n risiko loop om te bars. Vanaf 1986 is daar 'n spesiale spesialis groep wat vir die WHO beste riglyne vasstel en volgens dit beskou die World health organization'n sist groter as 5 cm as 'n indikasie vir PAIR - sien http://whqlibdoc.who.int/hq/2001/WHO_CDS_CSR_APH_2001.6.pdf
so as jou spesialis gekonfyt is in die tegniek is dit defnitief iets wat jy kan oorweeg nadat jy al die voor en nadele deeglik met hom bespreek het.
Kyk ook http://whqlibdoc.who.int/bulletin/1996/Vol74-No3/bulletin_1996_74(3)_231-242.pdf
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement