advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009/11/02

Egginokokkus sist in lewer...

Hello Dr,

Ek het ' n egginokokkus sist in die lewer (het een in long ook gehad wat uit gehaal is). Dis vir my so ' n simple aap-tipe siekte!!! Dit meet op die oomblik 81x58x76mm in deursnit en ek is nie eers bewus daarvan nie. Ek volg dit elke 6 maande op met sonar om te sien of dit groei. Met die laaste sonar het dit gelyk of dit effens groter was as met die eerste CT scan 6 maande terug toe dit by my gesien is. My spesialis het gesê  as ek dit nou weer met sonar meet sal ons die meetings behoorlik kan vergelyk. As dit werklik gegroei het, sal hy dit eerder wil aspireer (lyk my hy wil dit in elk geval doen omdat dit ' n groter tipe sist is...> 60mm). Ek weet presies hoe werk PAIR, maar:
1) Is dit seer?
2) Hoe lank bly mens in die hopitaal?
3) Hoe lank sal dit neem om weer normaal te funksioneer soos bv fietry?
...gegewe daar is geen komplikasies nie...

Dankie,
Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
Dit is seker maar seer maar hulle gaan verseker vir jou verdowing gee - of lokale infiltrasie (net die vel en die lewer kapsel kan voel) of ligte narkose. Dit lyk of mens so 3-4 dae in die hospitaal moet bly. Ek dink jy sal seker so 10 dae tot 2 weke na die prosedure kan begin oefen as daar geen komplikasies is nie. Sterkte met die prosedure as hulle daarop besluit - laat weet my hoe dit gegaan het!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/02

Hallo Willem
Dit is seker maar seer maar hulle gaan verseker vir jou verdowing gee - of lokale infiltrasie (net die vel en die lewer kapsel kan voel) of ligte narkose. Dit lyk of mens so 3-4 dae in die hospitaal moet bly. Ek dink jy sal seker so 10 dae tot 2 weke na die prosedure kan begin oefen as daar geen komplikasies is nie. Sterkte met die prosedure as hulle daarop besluit - laat weet my hoe dit gegaan het!
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement