advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009/04/30

Egginokokkus sist

Hallo Dr,
' n ruk gelede is ' n egginokokkus sist vanaf my long verwyder met ' n groot long operasie - dit was bitter seer!
Die radioloë  het die heeltyd ' n sist op die lewer ook gesien wat omtrent 7.4 x 5 cm groot was. Ek is na die long operasie op Zentel 400mg vir drie maande geplaas om die ding te dood. Gister het ek weer ' n sonar laat doen en die sist het gegroei! na omtrent 8 x 6 cm. Daar is nog geen teken van verkalking nie wat mos daarop dui dat die " wurm"  binne dood is. Ek het die pille 5 dae gelede klaar gedrink, hoe lank neem dit voordat verkalking begin plaasvind (indien die ding dood is, want dit groei dan nou liewers).
Tweedens wil ek weet: Wat nou? Alle dr' s sê  vir my ek moet niks laat doen (chirurgie of aspirasie) as die ding nie my lewer funksies aantas nie. Moet ek maar wag en kyk?
Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
As die sist nie op iets druk nie, en die behandeling het die parasiet doodgemaak moet mens nie onnodig sny nie, as die inhoud van die sist in die buik mors kan dit 'n fatale allergie veroorsaak. Indikasies vir verwydering van die sist is
1. Groot siste met "dogter" siste
2. As die sist op 'n belangrike struktuur soos 'n aar of 'n galbuis druk
3. Oppervlakkig liggende siste
4. As daar is risiko is dat die sist kan bars
5. Siste in die longe, brein, niere, oë of brein
Verkalking kan lank neem om te ontwikkel en jy moet nie dit gebruik as 'n teken van genesing nie.
Jou dokter sal dit seker goed dophou en dalk sal jy 'n tweede kursus medikasie moet gebruik.
Hou my op hoogte - is daar 'n opvolg sonar bespreek?
Dr Bets


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement