advertisement
Question
Posted by: Angie | 2011/11/28

Eetplan en oefening

Ek het ''n week gelede begin met ''n eetplan en ''n verandering aan my oefenplan. Ek het voorheen geoefen (cardio meestal), maar dit lyk nou as volg: Maandae en Woensdae bootcamp, Dinsdae ''n step class by die gim en Donderdae ''n kardioflex klas. Vrydae rus en Saterdae ''n uur cardio by die gim.

My eetplan lyk as volg:

Ontbyt: 40g oats of 3/4 koppie All bran met melk
Snack: Peer
Middagete: Tunaslaai of gebakte appel met maaskaas
Snack: 100g yogurt
Aandete: Groente en ''n stukkie vis of een eier

Ek peusel ook aan klein tamaties, maaskaas en droe vrugte (baie min). Ek probeer 6-8 glase water ''n dag drink en drink nie meer as 3 koppies koffie (met vetvrye melk en sweetener) ''n dag.

Is dit ''n voldoende eetplan vir gewigsverlies? Ek wil graag met die bootcamp ''n bietjie probeer spiere bou. Ek sal u advies oor my eet- en oefenplan baie waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Angie
Die dieetplan wat jy beskryf, behoort beslis gewigsverlies te bewerkstellig aangesien dit laag in kJ is. Ek is bly om te sien dat jy wel 3 porsies melk of suiwelprodukte by die dieet insluit, asook ten minste een bron van hoë-vesel met die All-bran en/of droë vrugte (andersins kan jy dalk hardlywig word). Moenie meer as 2,5 liter vloeistof in totaal per dag drink nie, aangesien oormatige vloeistofinname (water, melk, koffie, tee, vrugtesap, ens) kan lei tot elektrolietverliese, wat nie wenslik is nie. Ek is nie seker watter oefeninge by 'bootcamp' ingesluit word nie, maar om spier te bou moet mens liefs met gewigte werk. Die aërobiese oefeninge soos die kardio, help weer vir gewigsverlies.
Alles van die beste met jou nuwe regimen.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/28

Beste Angie
Die dieetplan wat jy beskryf, behoort beslis gewigsverlies te bewerkstellig aangesien dit laag in kJ is. Ek is bly om te sien dat jy wel 3 porsies melk of suiwelprodukte by die dieet insluit, asook ten minste een bron van hoë-vesel met die All-bran en/of droë vrugte (andersins kan jy dalk hardlywig word). Moenie meer as 2,5 liter vloeistof in totaal per dag drink nie, aangesien oormatige vloeistofinname (water, melk, koffie, tee, vrugtesap, ens) kan lei tot elektrolietverliese, wat nie wenslik is nie. Ek is nie seker watter oefeninge by 'bootcamp' ingesluit word nie, maar om spier te bou moet mens liefs met gewigte werk. Die aërobiese oefeninge soos die kardio, help weer vir gewigsverlies.
Alles van die beste met jou nuwe regimen.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement