advertisement
Question
Posted by: Nel | 2008/10/13

Eetplan en oefening

Hallo doc,
Ek sukkel met my gewig. Ek weeg 58.5kg en lengte is 1.58. Ek wil graag so 55kg weeg. Ek stap 3 keer n week vir 20min en doen so bietjie gewigte. Dinsdae en donderdae doen ek Calanetics. Ek eet in die oggend gewoonlik Oats met sade en rosyne/All bran/Oat flakes met vetvrye melk. Tussenin eet ek n appel of yogurt.
Middagete: gewoonlik n Annique shake of n slaai met hoender of eier
Aand: Vis en groente of hoender stirfry...hang af waarvoor ek lus is. en gewoonlik is ek lus vir ietsie soet later, dan eet ek n hand of 2 vol rosyne!!
My vraag is - lyk my dieet reg? hoe kan ek gewig verloor? (bv n 5000kj per dag dieet). hoe kan ek verbeter op my oefening om dit reg te kry?
Sjoe n klomp vrae, maar hoop dokter kan my help!!
Dankie vir eers,
Nel

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSports Nutrition

Hi Nel

Jou dieet lyk vir my reg. Dink jy moet net n biejtie minder rosyne eet – hulle is hoog in energie en het n hoe GI. Vervang dit met versoetter as jy n soet tand het of eet liewers n klein vrug.

Om 55 kg te weeg moet jy so 1500 kaloriee per dag eet – en as jy jou oefening byvoeg sal dit sorg dat jy begin gewig verloor want jy sal in n negatiewe energie balans wees. Voeg dan weer jou oefening se kaloriee by sodra jy jou gewig bereik het – terug na balans. Bly by die 6 keer per dag eet – lae GI en lae vet.

Wat jou oefening aanbetref dink ek die intensiteit is te laag – jy moet lekker swaar kry en sweet om genoeg kaloriee te verbrand.

Stekte en mooi bly.
Vanessa

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: lee | 2015/04/20

hi daar ek weeg opi oomblik 61 kg wil graag 55kg weeg wat presies mowt wk alles doen ek oefen 20 min n dag

Reply to lee
Posted by: Hennie | 2009/02/07

How do I get my stomack flat

Reply to Hennie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement