advertisement
Question
Posted by: Anon | 2011-08-31

Eetplan

Ek wil graag ''n gesonde eetplan volg. Ek staan soggens 04:30 op. ek weet ''n mens is veronderstel om op die lankste 2 ure nadat jy opgestaan het ontbyt te eet, maar ek kan myself nie kry om voor 08:30 ontbyt te eet nie. Is dit ok om dit te doen of moet ek iets vroeer eet? Ek wil nie my metabolisme andersins benadeel nie. Hoe lyk hierdie etenstye:

05:00 - ryskoekie

08:30 - ontbyt (hi fibre bran en joghurt)

11:30 - snack (vrug bv naartjie of peer)

14:30 - middagete (jogurt)

18:00 - aandete (groente - ek eet nie vleis nie)

21:00 - stukkie beskuit

Deur die dag drink ek ongeveer 6 glase water en 2 koppies koffie, met versoeter en vetvrye melk.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Eetplan
Dit is nie nadelig om bietjie later in die oggend ontbyt te eet nie. Die rede hoekom dit aanbeveel word dat mense ontbyt eet nadat hulle opgestaan het en voor hulle die huis verlaat om te gaan werk, is dat so baie mense ontbyt oorslaan en net 'n koppie koffie sluk voordat hulle dan 'n lang, veeleisende werksdag aanpak. Die meerderheid persone sal oornag vir ongeveer 12 uur geen kos ingeneem het nie, m.a.w. hul bloedsuikervlakke is dan baie laag met opstaan. Aangesien die brein die mees sensitiewe orgaan van die liggaam is wat bloedsuikervlakke aanbetref, is dit moeilik om goeie breinfunksie te waarborg indien die lae bloedsuikervlak nie deur 'n ontbyt verhoog word nie. As jy die All Bran en jogurt om 08:30 eet as jou ontbyt, is dit steeds nie te laat om jou bloedsuikervlak te verhoog nie, mits jy nie dadelik veeleisende take moet verrig nie. Indien jy nie vleis of vis eet nie, sal ek aanraai dat jy tog ook suiwelprodukte of 'n eier by jou aandete insluit om jou te voorsien van proteïene, kalsium, yster (veral die eiergeel), sink, en vit B12. Peulgroente kan ook uitstekend gebruik word om die dieet met proteïene, minerale en vitamiene aan te vul. Andersins sal die raadsaam wees om 'n volledige vitamien en mineraalaanvulling soos Centrum of Supradyn Forte te drink, om te voorkom dat jy yster- of vitamien B12-bloedarmoede ontwikkel. Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-08-31

Beste Eetplan
Dit is nie nadelig om bietjie later in die oggend ontbyt te eet nie. Die rede hoekom dit aanbeveel word dat mense ontbyt eet nadat hulle opgestaan het en voor hulle die huis verlaat om te gaan werk, is dat so baie mense ontbyt oorslaan en net 'n koppie koffie sluk voordat hulle dan 'n lang, veeleisende werksdag aanpak. Die meerderheid persone sal oornag vir ongeveer 12 uur geen kos ingeneem het nie, m.a.w. hul bloedsuikervlakke is dan baie laag met opstaan. Aangesien die brein die mees sensitiewe orgaan van die liggaam is wat bloedsuikervlakke aanbetref, is dit moeilik om goeie breinfunksie te waarborg indien die lae bloedsuikervlak nie deur 'n ontbyt verhoog word nie. As jy die All Bran en jogurt om 08:30 eet as jou ontbyt, is dit steeds nie te laat om jou bloedsuikervlak te verhoog nie, mits jy nie dadelik veeleisende take moet verrig nie. Indien jy nie vleis of vis eet nie, sal ek aanraai dat jy tog ook suiwelprodukte of 'n eier by jou aandete insluit om jou te voorsien van proteïene, kalsium, yster (veral die eiergeel), sink, en vit B12. Peulgroente kan ook uitstekend gebruik word om die dieet met proteïene, minerale en vitamiene aan te vul. Andersins sal die raadsaam wees om 'n volledige vitamien en mineraalaanvulling soos Centrum of Supradyn Forte te drink, om te voorkom dat jy yster- of vitamien B12-bloedarmoede ontwikkel. Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.