advertisement
Question
Posted by: Suzy | 2008/09/20

EETPLAN

Ek is 45 vroulik weeg 60kg oefen 5 x p.w. halfuur cardio en halfuur ligte gewigte. Ek bly doodmoeg! Ek is op soek na ' n eetplan met die regte porsiegrootte wat my genoeg energie sal verskaf, maar my nie gewig sal laat aansit nie. Op die oomblik is my eetplan ' n absolute " disaster"  en ek weet dis een van die redes vir my moegheid. Ek eet nie brood nie (kry maagpyn) en suiker laat my voel asof ek ' n slaappil geneem het.
Baie dankie vir jou tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Suzy
Dit is wel belangrik om koolhidrate in te neem al is jy besig om of te verslank, of jou gewig in stand te hou want koolhidrate is ons beste bron van lae-kJ energie. Omdat jy noem dat brood vir jou maagpyn gee en suiker jou laat pap voel, kan ek nie vir jou die standaard lae-vet, hoë-vesel dieet op hierdie Webblad aanbeveel nie. Ek sal dus graag aanbeveel dat jy 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Sy/hy sal moet uitwerk of jy dalk aan koring-allergie of lae bloedsuiker ly en dan 'n toepaslike dieet vir jou uitwerk wat jou voldoende energie gee en jou gewig in toom hou.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: jan | 2008/09/21

Is gluten allergies en het n spastiese dikderm. Sal graag n eetplan of dieet wil he wat vir my probleem sal werk. dankie

Reply to jan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement