advertisement
Question
Posted by: Suzy | 2008/09/15

EETPLAN

Ek weeg 60kg, 1.69m lank, ouderdom 45, vroulik. Ek oefen 5 x per week. Hallfuur cardio soos draf of cross trainer + halfuur ligte gewigte. Ek vermy brood want dit laat my maag pyn en rietsuiker want dit voel asof ek ' n slaappil gedrink het, sodra ek suiker inneem. Ek voel egter moeg, swak en uitgeput dwarsdeur die dag en is op soek na ' n goeie eetplan wat my energie kan gee maar nie gewig sal laat aansit nie.
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSports Nutrition

Hi Suzy

Ek is bly jy bly weg van brood en suiker! Jy voel heel moontlik swak omdat jy te min energie(kaloriee) inneem vir dit wat jou liggaam nodig het – ongelukkig het jy nie vir my detail gegee oor wat jy eet nie.

Jy moet seker maak dat jy 6 etes per dag neem – so 3ure uitmekaar. Eet altyd n protein saam met n koolhidraat – maak seker dat dit slegs LAE GI koolhidrate is!!! Proteine moet slegs lae vet wees. Voeg baie groete by en so 1-2 vrugte. Hierdie is nie n detail program nie maar sal n goeie begin wees en jy sal beslis nie gewig daavan aansit nie.

½ K “rolled oats” + vetvrye yoghurt en melk.
Klein vetvrye yoghurt met n vrug. Jy kan selfs n groente porsie byvoeg.
Tuna slaai met half koppie barley / chic peas. ¼ Avo & balsamic asyn.
Vrug met n 2 E pampoenpitte. Jy kan weereens n groente porsie byvoeg.
100g Hoenderborsie / volstruis / varkfillet / 6 eierwitte (een geel) + ½ k rys en lensies gemeng. 2 K groente.
Protein shake voor bedtyd.

Laastens onthou om genoeg water te drink – n tekort is n groot rede hoekom mense moeg voel.

Sterkte en mooi bly.
Vanessa

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement