advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/10/28

Eerste week

Hallo Dokter

Welkom terug! Ek moes net eerste wees haha

Bietjie terugvoering van die week. Was Woensdag 1 week al lid van Curves. Ek het 4 keer die week geoefen. Elke dag raak dit makliker en makliker.

Het my gister aand geweeg, het 500g opgetel!!!!! Was teen die grond, want ek het so mooi geë et en geoefen. Het in my Curves boekie gelees dat party vrouens kan tot 2kg in hulle eerste maand optel voordat die vetties begin weg smelt. Iets te doen met spiere wat vorm... So iets.

Maar eks is vasberade om my Maandag oggend op ''n leë  maag te weeg, om te kyk of die laat dag etery nie maar net daai 500g by gesit het nie. Ek kan bietjie voel aan my broeke dat daar ietwat meer plek is... Dalk bietjie cm verloor. Ek weeg amptelik by die klub elke 17de van die maand.

Ek is baie gemotiveerd en my instruktiese (vir wie ek gesê  het sy moet my looi), looi my behoortlik. Was Woensdag nie by die gym nie, want ek het bietjie verkouerig gevoel, toe word ek gister oggend gebel en gevra wat gaan aan. (dis mos wat ek wou hê ) Be careful what you wish for.

Geniet die naweek op hande.

Groetetjies,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Baie dankie vir die hartlike welkom - ek waardeer dit. Ons het nogal laat teruggekeer gister en ek het nie tyd gekry om my vrae te beantwoord nie. Die mense by Curves is reg. Wanneer mense begin oefen, gaan hulle gewig soms op a.g.v. 'n toename in spierweefsel wat ironies meer weeg as vetweefsel! Dus is dit belangrik om nie net massa wat op 'n skaal gemeet word, as maatstaf van jou vordering te gebruik nie. Vra die personeel by Curves om ook rekord van jou mate te hou sodat jy kan sien wanneer jy cm verloor (wat dui op verlies van vet), al bly jou gewig dieselfde of as dit selfs bietjie toeneem. 'n Effense toename van 500g kan ook bloot die gevolg wees van waterretensie (dit is nogal algemeen by vrouens en word gewoonlik deur hormoonveranderings veroorsaak). 'n Oefenprogram soos Curves is 'n langtermyn projek en jy moet asb. nie dadelik terneergedruk voel as jou gewig nie verander nie. Dit is program wat oor tyd jou gewig positief gaan beïnvloed.
Volhard asb. en hou die blink kant bo!
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/29

Beste Helena
Baie dankie vir die hartlike welkom - ek waardeer dit. Ons het nogal laat teruggekeer gister en ek het nie tyd gekry om my vrae te beantwoord nie. Die mense by Curves is reg. Wanneer mense begin oefen, gaan hulle gewig soms op a.g.v. 'n toename in spierweefsel wat ironies meer weeg as vetweefsel! Dus is dit belangrik om nie net massa wat op 'n skaal gemeet word, as maatstaf van jou vordering te gebruik nie. Vra die personeel by Curves om ook rekord van jou mate te hou sodat jy kan sien wanneer jy cm verloor (wat dui op verlies van vet), al bly jou gewig dieselfde of as dit selfs bietjie toeneem. 'n Effense toename van 500g kan ook bloot die gevolg wees van waterretensie (dit is nogal algemeen by vrouens en word gewoonlik deur hormoonveranderings veroorsaak). 'n Oefenprogram soos Curves is 'n langtermyn projek en jy moet asb. nie dadelik terneergedruk voel as jou gewig nie verander nie. Dit is program wat oor tyd jou gewig positief gaan beïnvloed.
Volhard asb. en hou die blink kant bo!
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement