advertisement
Question
Posted by: miekie | 2011/01/19

Eerlikheid tov mediese toestand

Dag dr.
Hoop dit gaan goed.Het verlede jaar weer 1 stent, tans my 3de sedert my dubbelle cabg 2008 gehad. Tydens inplasing van stent het ek begin sleg voel, en dr. het vir sr. gevra om iets onder my tong te spuit. Was toe vir 2 dae in icu. Opvolg besoek aan cardio was hy nie spraaksaam nie en slegs gesê  my toestand versleg. Vind vandag by my gp uit ek het ''n hartaanval gehad tydens prosedure. Wat is die protokol tussen dr. en pasië nt om sulke inligting te openbaar of te weerhou?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Miekie
Verkieslik moet 'n dokter altyd eerlik met sy pasiente wees, maar hy wou jou seker nou nie terwyl hulle die stent inplaas of in ICU ontstel nie. Die aar waarin die stent geplaas word, kan 'n spasma kry, 'n bloedklont maak, of die stent kan 'n stukkie plaak (aanpaksel) in die aar laat los skiet en die aar blokkeer wat 'n hartaanval kan veroorsaak. Enige operasie of ingreep soos om 'n stent te plaas het 'n risiko vir komplikasies, wat die dokter verkieslik vir 'n pasient moet verduidelik voor die tyd. Partykeer moet mens ook die voordeel van die operasie opweeg teen die risiko en as die skaal swaarder is aan die voordeel kant, dan die risiko neem. Jy kan vir jou kardioloog vra hoekom hy dit nie vir jou gesê het nie, want hy moes dit eintlik vir jou genoem het. Maar dalk het hy jou huisdokter gevra om dit vir jou te vertel, as jy eers sterker is?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/19

Hallo Miekie
Verkieslik moet 'n dokter altyd eerlik met sy pasiente wees, maar hy wou jou seker nou nie terwyl hulle die stent inplaas of in ICU ontstel nie. Die aar waarin die stent geplaas word, kan 'n spasma kry, 'n bloedklont maak, of die stent kan 'n stukkie plaak (aanpaksel) in die aar laat los skiet en die aar blokkeer wat 'n hartaanval kan veroorsaak. Enige operasie of ingreep soos om 'n stent te plaas het 'n risiko vir komplikasies, wat die dokter verkieslik vir 'n pasient moet verduidelik voor die tyd. Partykeer moet mens ook die voordeel van die operasie opweeg teen die risiko en as die skaal swaarder is aan die voordeel kant, dan die risiko neem. Jy kan vir jou kardioloog vra hoekom hy dit nie vir jou gesê het nie, want hy moes dit eintlik vir jou genoem het. Maar dalk het hy jou huisdokter gevra om dit vir jou te vertel, as jy eers sterker is?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.