advertisement
Question
Posted by: Rika | 2012/06/26

Eenjarige bly siek

Goeiedag, ek hoop regtig iemand sal my kan help.

My eenjarige is van 3 maande af permanent siek, partykeer bietjie minder as ander kere. Hy is in die kleuterskool, ek het al sy melk verander want ek weet nie of dit die melk kan wees en of hy dalk vir iets allergies is nie. Ek kan nie bekostig om hom elke 2de week dokter toe te vat nie en die medies is al vroeg uitgeput. Is daar dalk bietjie raad vir hierdie moedelose moeder, GROOT ASSEBLIEF?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rika

Ek stel voor dat jy 'n pediater vir toetse konsulteer om vas te stel waarom jou eenjarige permanent siek is. Dit is moontlik weens 'n allergie, kroniese virale infeksie of 'n lae immuniteit of 'n metaboliese siekte, soos byvoorbeeld diabetes. Dit is baie belangrik om die oorsaak te vind, omdat dit sy ontwikkeling en groei kan belemmer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement