advertisement
Question
Posted by: Anna | 2009/11/05

Eating and Divorce

Goeiedag, ek en my man is tans besig om te skei. Hy het my en ons baba wat nou 10 weke is gelos toe baba 3 weke oud was vir sy eks meisie. Ek is nog met kraamverlof en gaan eers Januarie terug werk toe. Het baie gewig aangesit met my swangerskap, baba was 4kg met geboorte. Weeg tans 91kg en het 70kg voor my swangerskap geweeg. My probleem is dat ek nie kan ophou eet nie, ek het onbeheerbare cravings vir soetgoed en wil als verslind wat voorkom. My ma sê  dat dit stres en depressie is, dat mens se brein glo iets afskei wat dit veroorsaak. Kan jy asseblief help voor ek soos ' n beer gaan lyk en rerig depressie gaan kry.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anna
Ek is jammer om te hoor dat jy en jou man skei en dit net nadat jy geboorte geskenk het aan jou babatjie. Jou onbeheerde eetlus kan wel die gevolg wees van stres en depressie. Die brein skei 'n stof af met die naam van "serotonien". Wanneer persone depressief voel, is die serotonienvlakke te laag en een van die maniere om dit weer te verhoog is om koolhidrate soos suiker in te neem. Ek dink dat jy met jou geneesheer sal moet gesels hieroor want ek weet nie of jy tans jou baba borsvoed nie, indien wel, sal die dr mooi moet besin oor watter antidepressant jy kan neem want die meerderheid antidepressante word in moedersmelk uitgeskei. Depressie kan buitensporige gewigstoename of gewigsverlies veroorsaak, afhangende van die individuele pasiënt se reaksie. Dit sal ook raadsaam wees om 'n kliniese sielkundige te spreek (vra jou dr om jou te verwys) aangesien jy sal baat vind by terapie om hierdie stresvolle gebeurtenis te hanteer en om ander reaksies om dit te beheer aan te leer pleks om na kos te gryp. Probeer 'n gebalanseerde, lae-vet, lae-energie dieet gebruik (kliek 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), saam met aërobiese oefening soos draf, fietsry, touspring, swem, ens, vir 30 min elke dag om die gewigsverlies aan te help. Indien jy borsvoed moet jy 'n ekstra porsie vetvrye melk of jogurt elke dag inneem om te verseker dat jy en jou baba voldoende kalsium inneem.
Sterkte met hierdie moeilike tydperk in jou lewe.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/06

Beste Anna
Ek is jammer om te hoor dat jy en jou man skei en dit net nadat jy geboorte geskenk het aan jou babatjie. Jou onbeheerde eetlus kan wel die gevolg wees van stres en depressie. Die brein skei 'n stof af met die naam van "serotonien". Wanneer persone depressief voel, is die serotonienvlakke te laag en een van die maniere om dit weer te verhoog is om koolhidrate soos suiker in te neem. Ek dink dat jy met jou geneesheer sal moet gesels hieroor want ek weet nie of jy tans jou baba borsvoed nie, indien wel, sal die dr mooi moet besin oor watter antidepressant jy kan neem want die meerderheid antidepressante word in moedersmelk uitgeskei. Depressie kan buitensporige gewigstoename of gewigsverlies veroorsaak, afhangende van die individuele pasiënt se reaksie. Dit sal ook raadsaam wees om 'n kliniese sielkundige te spreek (vra jou dr om jou te verwys) aangesien jy sal baat vind by terapie om hierdie stresvolle gebeurtenis te hanteer en om ander reaksies om dit te beheer aan te leer pleks om na kos te gryp. Probeer 'n gebalanseerde, lae-vet, lae-energie dieet gebruik (kliek 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'), saam met aërobiese oefening soos draf, fietsry, touspring, swem, ens, vir 30 min elke dag om die gewigsverlies aan te help. Indien jy borsvoed moet jy 'n ekstra porsie vetvrye melk of jogurt elke dag inneem om te verseker dat jy en jou baba voldoende kalsium inneem.
Sterkte met hierdie moeilike tydperk in jou lewe.
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.