advertisement
Question
Posted by: d-dimer | 2010-08-20

dvt diagnose

Beste dok,

Ek het so n paar dae gelede geskryf oor die d-dimer toets waarvan die uitslag 1.75 was. My dokter het my toe wel gestuur vir die scan, wat verskeie trombose in die kuit toon. Die een belangrike aar, kan nou nie naam onthou maar dit neem bloed terug na die hart van die been af, is glo totaal vernietig agv die trombose. Die sjirurg wat my toe oorgeneem het na hospitalisasie, se die liggaam vorm self n nuwe aar. Is dit so, hoe lank neem dit en wat word intussen van die bloed wat nou nie kan terugvloei nie? Ook, voorheen ek ek pulmonale emboliee gekry a g v die trombose. Gaan dit nou dalk weer gebeur? ek dra nou n stywe kous en my bloed se IRN is nou 2.05 en is vir die volgende 3 maande op warfarin-dossering. Daarna wil die sjirurg my na n hematoloog stuur...?
Baie dankie, groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Daar is baie kolaterale venes wat bloed vanuit die onderbeen dreineer. As hierdie belangrike vene "verstop" is, vloei die bloed steeds terug vanuit die onderbeen na die hart deur middel van kolaterale bloedvate. Warfarin behoort te voorkom dat jy pulmonale emboliee te voorkom.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement